AARBEISTROOP
Amanda Struwig
Was aarbeie, en sny in kleiner stukkies. Plaas in pot
Bedek met water en laat kook. Verlaag hitte en prut vir ongeveer 20 minute.
Skep skuim af.
Na die 20 minute sal die aarbeie hul kleur verloor het en die water so diep pienk kleur hê. Verwyder van hitte.
Dreineer die vloeistof deur 'n fyn sif in 'n skoon pot. Moenie plat druk anders gaan jou stroop nie helder wees nie.
Voeg 2 koppies suiker by die aarbeisous. Laat kook en roer gereeld om suiker op te los. Laat prut vir so 5 minute tot al die suiker opgelos is. Skep addisionele skuim af.
Giet in gesteriliseerde bottels en seël.
Notas:
1. Die dikte van die stroop hang van jou af. As jy dit dikker wil hê laat net bietjie langer kook.
2. As jy vrugte in jou stroop wil hê, moet dan nie sif, en blits fyn voor jy dit weer terugsit en suiker bygooi.
AARBEISTROOP
Anki Grobbelaar
Sny aarbeie in die helfte deur.
Spoel dit mooi af.
Vir 3 koppies vrug neem 2½ koppies suiker en ½ koppie water.
Kook dit op lae hitte tot suiker gesmelt is.
Verhoog dan hitte(nie maksimum hitte)
Voeg so ½ tl vanillageursel by.
Kook tot aarbeie sag is en stroop regte dikte.
Bottel warm.
Wenk: Vir 'n dun stroop, blits mengsel fyn en giet deur 'n sif, die res kan apart gebottel word vir konfyt.
Amanda Struwig
- 1 kg aarbeie
- 4 kop water
- 400 g suiker