AGURKIES of BOEREKOMKOMMERS
2 pakkies agurkie komkommers (OF skyfies komkommers)
1250 ml warm water
500 ml wit asyn
15ml sout
65 ml Suiker
18 Peperkorrels
6 Lourierblare
10 ml Speserye vir suurtjies (Pickle Spice - te koop by Fruit & Veg of verskeie supermarkte)
METODE:
Meng die bestanddele behalwe die agurkies in 'n diep kastrol en verhit.
Voeg die agurkies by wanneer die mengsel kook en bring weer net tot kookpunt.(Vinnig - net tot agurkies effens verkleur het)
Verwyder die agurkies met 'n gaatjieslepel en pak styf in in jou flesse.
Maak jou flesse goed vol met die vloeistof.
Verseël dadelik.
WENK - Henk Boshoff
Die geheim van komkommerpiekels is om dit kraakvars te bewerk net na pluk,so jy moet jou eie plant,as dit nie moontlik is nie,plaas n druiweblaar in elke fles,dit maak dit meer crispy.