APPELKONFYT
Amanda Struwig
1.2 kilo Appels
1 kilo Suiker
1 sakkie Pektien poeier
1 pakkie Vanieljesuiker
2 teelepels Kaneel
1 groot bak met water en sap van 1 Suurlemoen
Skil en sny appels in kwarte en sit in bak met water en suurlemoensap. (Dit sal die appels wit hou)
Sodra jy die appelkwarte het, is stap 2 om die kwarte so dun as moontlik te sny en dan in klein blokkies.
(Mens kan dit seker rasper ook)
Sit appels in 'n groot pot, voeg suiker, pektienpoeier vanilla suiker en kaneel by.
Roer deur.
Plaas op medium hitte en prut vir ten minste 'n halfuur.
Roer met houtlepel - hou dop.
Toets of die appel sag is (Dit kan tot 40 minute neem)
Skep konfyt in bottels en seël.
Sit bottel in waterbad (kookwater) tot bottels so 2cm diep staan in oond op 180grade (vooraf warm gemaak).
Laat net warm word vir so 5 minute. Skakel oond af en laat bottels afkoel in die oond.