APPELKOOSKONFYT
Onthou dat wanneer appelkooskonfyt gekook word die kleur van die konfyt deur paar faktore bepaal word.
Hoe jonger die vrug, hoe ligter die konfyt. Hoe vinniger jy kook, hoe ligter die konfyt.
Hierdie resep vermeerder baie goed tot en met 10 kg.
1 kg appelkose, halveer
750 g witsuiker
5 appelkoos pitte (in gaasdoek verbind)
1 k water
Sprinkel die witsuiker oor die appelkose en pitte en laat oornag staan om vog te trek.
Volgende dag verhit die mengsel met die water baie stadig en roer aanhoudend. Was kante van die kastrol af en sodra die suiker opgelos het, kook baie vinnig totdat die mengsel verdik vir ongeveer 45 minute.
Bottel die appelkooskonfyt dadelik in gesteriliseerde warm flesse. Onthou om die pitte uit te haal.
Hoeveelheid: 3 x 375 ml botteltjies
Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za

APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLF
1 kg appelkose.
Breek die appelkose oop en haal die pitte uit (Los so paar van die pitte in vir smaak)
Gebruik groot genoeg glas bak sit die appelkose daarin
Sprinkel suurlemoensap oor en mikrogolf vir 8minute.
Voeg 1kg suiker by en roer goed deur.
Met bak oop, mikrogolf (100% krag)vir 30 minute.
Roer weer goed deur. Mikrogolf vir nog 10 minute.
Bottel warm.