ATJAR - GROENTESLAAI
Christo De Beer
8-10 koppies groente. (bv boontjies, klein worteltjies (ringe) blomkool, agurkies, verskillende kleure soetrissies en baie uie grof gekap).
Half kop meelblom
1 eetlepel mielieblom
750ml wit druiwe asyn
1 k water
2 k olie
2 e mosterdsaad
1 e mosterdpoeier
3 eetlepels Atjar masala(na smaak)
1 k suiker
1 opgehoopte t sout
1 heel knoffel (huisies skoon gemaak en gekneus)
1 t gerookte paprika (of gewone - net vir kleur)
METODE
1. Sny groente in verlangde groottes en blansjeer vir ongeveer 3 - 4 minute.
2. Neem al die knoffelhuisies en braai saam met olie en mosterdsaad tot knoffel effens begin verbruin. Ongeveer 3 minute. Haal van die hitte af en laat staan 'n rukkie. Haal knoffel uit en gooi weg. Behou olie en mosterdsaad.
3. Meng suiker, mosterdpoeier sout, meelblom en mielieblom tot 'n pasta met die water en kook tot 'n dun pap, voeg asyn by en gooi oor groente.
4. Gooi nou paprika en atjar masala oor groente. Kook alles vir 2 minute. Voeg olie en mosterdsaad by.
Bottel warm en seël of laat afkoel en bêre in houers in yskas.