BACON
Henk Boshoff
Ek maak al jare lank my eie ontbytspek [bacon].
Die kommersiële weergawe is vol 'brine" en word selde met regte skaafsels berook.Wiltshire bacon word nie berook nie.
Daar is 2 metodes om ontbytspek te pekel,die droeë en nat metodes.
Ek gebruik slegs 2 dele van die vark om ontbytspek te maak,die pensgedeelte,of pork belly,waarmee mens 'streaky ' ontbytspek,en die rugstring gedeelte,waarmee mens 'back' ontbytspek maak.
Verskoon by voorbaat die Engelse terme,maar meeste mense gebruik dit.
Om jou eie ontbytspek te maak is absoluut die moeite werd,die smaak is beter as die kommersiele produk en jy het volle beheer oor die bestandele.
Ek koud berook my ontbytspek met Eikehoutskaafsels,maar jy kan dit ook warm berook of glad nie berook nie.ek verkies die gerookte produk.
Jy bespaar baie om dit self te maak.
Huidiglik kos kommersiele ontbytspek ongeveer R150 per kg.Varkpens kos by ons sowat R65 per kg.Die byvoegsels om ontbytspek te maak kos minder as R10 per kg.

BACON 1 DROOG PEKEL METODE
1 2,5 kg varkpens[ pork belly] bene,indien daar is,uitgesny en vel verwyder.
2,5 gram Salpeter.
125 ml suiwelsout
125 ml droee bruinsuiker,nie klam nie.
15 ml gemaalde swartpeper
100 ml heuning [opsioneel]
Groot Ziplock sak
Metode
Meng droeë bestanddele goed en vryf deeglik orals in varkpens in. Sit varkpens in sakkie en gooi heuning by.
Verseël sak en plaas in yskas vir 7 dae,draai 2 maal per dag om en vryf sak liggies. Jy sal sien n pekel vorm in sakkie.Haal sakkie na 7 dae uit,sny porkbelly middeldeur en sny 2 dun skyfies aan elke snykant af.Spoel liggies af en plaas in pan.Verhit stadig en maak gaar.Hierna tree jy volgens smaak op. As die smaak reg is,haal uit en hou eenkant,as dit nie sout genoeg is nie,plaas terug in pekel in yskas vir nog n dag.
Haal ontbytspek uit sakkie en spoel baie deeglik af in skoon water.Laat nou hang tot goed winddroog,onthou rook penetreer nie in vleis wat op oppervlak nat is,in nie.
Ek koud berook my ontbytspek vir ongeveer 4 ure met Eikehoutskaafsels,Appelhoutskaafsels werk ook goed.Hier moet jy weereens jou laat lei deur jou smaakvoorkeure.Bepaal self wanneer jou ontbytspek genoeg berook is.Te kort of te lank in jou rookkamer werk nie goed nie.Onthou om jou verkieslike pekeltyd en rookperiode neer te skryf sodat jy in die toekoms weet hoe om te werk te gaan.
Ek verkoel my ontbytspek tot byna vriespunt en sny dan in dun skyfies.Verpak dit dan in sakkies en vries.

BACON 2 - NATPEKEL METODE
Henk Boshoff
3-4 kg varkpens
3,8 liter water
450 gram sout
220 gram bruinsuiker
1 gram salpeter per kg vleis
Hierdie een se pekeltyd is ietwat korter as die ander natpekel bacon wat ek maak ,maar werk tog goed.
Meng pekelbestandele baie goed,maak seker dat alles goed opgelos is.Plaas varkpens in plastiese bak en bedek met pekel,plaas bord bo op om te verseker dat vleis onder pekel bly.Plaas in yskas vir 3 dae,draai vleis eenkeer per dag om en roer pekel.
Verwyder vleis en spoel goed af.Laat heeltemal winddroog word en koud berook vir 6 na 8 ure.