BESTANDDELE VAN BILTON EN HUL DOEL
Henk Boshoff
SOUT
Die hoofdoel van sout is om vog deur die osmose proses uit die vleis uit te onttrek. Smaak is die sekondere doel. Ek gebruik fyn sout omdat ek die hoeveelhede dan beter kan beheer. Die verskil in korrelgrote van growwe sout maak die aanwending daarvan onakkuraat, tensy jy n baie pekelrige biltong maak.
Onthou dat hoe droëer biltong word, hoe souter word dit. As biltong na 10 dae se droog sout genoeg is,gaan dit na vier weke se droog oneetbaar sout wees.
ASYN
Asyn help om speserye aan die vleis te laat vasklou, help met vorming van pekel en gee geur en smaak. Gebruik altyd goeie asyn.
Vir wildsbiltong gebruik ek Appelasyn.
Ek het ook al die verruklike wilde pruim asyn gebruik maar kry dit nie meer in die hande nie, tragies.
Sommige mense gebruik Worcestersous in plaas van asyn.
KOLJANDER
Een van die gunsteling speserye by biltong.
Ek gebruik heel vars koljandersade wat na n maklike proses redelik fyn,maar nie te fyn gemaal word.
Koljander is in die ou dae in n droë pan gerooster om die olies in die spesery vry te stel om die geur aansienlik te verbeter en na vore te bring.
Ek het dit gereeld verbrand.
Wyle oom Vladimir Steyn, voormalige Sekretaris van Verdediging, grootwildjagter en puik skrywer het my n baie makliker metode geleer.
Plaas jou heel koljander in n glasbak in die mikrogolf Verhit tot dit deurwarm is. Dit moet so warm wees dat jy amper nie aan dit kan raak nie. Die verhitting werk 100 persent. Maal nou jou koljander. Ek maak nooit biltong sonder koljander nie. Onthou dat koljander, nadat dit gemaal is, redelik vinnig sy geur verloor, so maal net genoeg op n slag.
SWARTPEPER
As jy nog nie n speserymeule het nie, skaf nou een aan.
Swartpeper vir biltong moet baie fyngemaal word.
Swartpeper gee geur en smaak en help vliee van die vleis af weg te hou.
NAELTJIES
Gebruik uiters spaarsamig.
In die regte verhouding gee dit n aangename geur, te veel maak die biltong oneetbaar. Ek maal heel naeltjies tot baie fyn en sif dit dan deur n baie fyn sif. Ek verhit dit ook vir so 15 sekondes in mikrogolf voordat ek dit maal.
SALPETER.
Salpeter is n uiters effektiewe preserveermiddel. Dit verhoed ook die vorming van Botulisme in vleis. Salpeter gee ook die mooi helderrooikleur aan biltong. Salpeter het egter n verhardingseffek op biltong.
BRUINSUIKER
Bruinsuiker gee ook geur aan die biltong en het preserveer eienskappe. Dit werk ook die verhardingseffek wat Salpeter het teë.
KOEKSODA
Die byvoeging van koeksoda voorkom dat biltong in vogtige areas muf.
Hierdie is my bestanddele vir biltong.
Jy kan ander bestanddele soos Worcestersous en braaivleisspeserye byvoeg.
Onthou, smaak verskil, so eksperimenteer maar.
Ek is tevrede met my bestanddele.