CHUNKEY KOEMKWAT BLATJANG
Oupa Tallie en Liam
2,5 kg koemkwats ontpit en in kwarte gesny
500 g uie grof gekap
1 en 'n half hande pitlose rosyne on korente
500ml wit asyn
750 ml witsuiker
10 ml sout
30 ml mosterdpoeier
1 of 2 toontjies knoffel fyn gerasper
1 duimpie gemmerwortel fyn gerasper
5ml rooipeper (of meer vir skerper smaak)
1 bouquet garni met 1 steranys,8 peperkorrels, half kaneelstokkie en 2 lourierblare
30 ml matige kerriepoeier
Ek het so gemaak:
Kook koemkwats en uie en rosyne effens sag en dreineer, dan laat al die ander bestanddele eers lekker kook en voeg vrugtemengsel by.
Kook tot lekker sag en al die goeters mekaar goed leer ken het.
Indien nodig kan jy me maizena die lotjie dikker maak maar ek het dit nie nodig gevind nie.
Bottel warm.
Dis heerlik dadelik maar ek glo na so wekie of 2 se staan kan dit nog lekkerder word.