CLOSTRIDIUM BOTILINUM
Ek het onlangs vir Radio Pretoria of nou die nuwe Pretoria FM 'n praatjie gedoen oor Clostridium Botulinum.
Dit is eintlik die "silent killer" bakterie van ingemaakte produkte.
Ek gaan nou 'n stelling maak en dan moet julle maar met my baklei.
Ek het nog nooit op enige kettingwinkel groep gesien hulle verkoop geblikte aartappelslaai nie.
Het jy?
Wel, ek dink na deeglike studies het hulle besef mense kan dodelik siek word en resepte wat mayonnase inkry kan nie op die gewone manier tot 120 grade C verhit word om die bakterie te dood nie.
In die Canner sal die mayonnasse skei.
Dit geld dus nou vir Pasta ook.
Het jy al 'n pasta slaai op die rak in 'n blik gesien.
Ek praat nie nou van pasta en tamatiesous nie!
Mayonnaise bevat ook eier en as dit teen daardie temperatuur verhit gaan word gaan dit skif en die klient gaan nie van die einproduk hou nie.
Inligting op hierdie link:
http://boerekostwist.blogspot.co.za/2015/09/clostridium-botulinum.html
Dus dink ek dit is regtig raadsaam om versigtig te wees.
Lees asb die artikel wat ek vir julle aangeheg het...dit is vakkundig gefundeer.
Ek is 'n gekwalifiseerde Voedsel tegnoloog en gespesialiseer in Voedsel en voeding en produk ontwikkelling.
Dus het ek 'n redelike idee oor voedsel veiligheid.
Onlangs gehoor van 'n vroutjie wat haar baba verloor het agv gebottelde aartappelslaai wat sy op 'n kamp geëet het!
Nee, ek sê nie jy mag nie aartappel en pasta slaai bottel nie...ek reken dit kan gedoen word onder gekontrolleerde omstandighede. 2 weke maksimum in die yskas.
Clostridium Botulinum se grootste gevaar is dat dit groei in die AFWESIGHEID van suurstof!
Vergiftiging werk in op die sentrale senuwee stelsel en dit kom voor of jy swak sinnig is, moeilike asemhaling of besig is om 'n beroerte te kry...Lees maar self verder op die link.
Daar het ek ook die verskillende preserveer metodes asook die Canner bespreek met links om die instrument te koop, hoe hy lyk en hoe hy werk met 'n reseppie by.
Groete Annelien Pienaar