SAGTE MAKETAAN KONFYT
Susan Snyman La Grange
2kg binnevrug van die maketaan
1 pynappel gerasper
2kg suiker
Sny die binnevleis maketaan in klein stukkies.
Verwyder die pitte maar laat 'n paar deurglip in die pot in.
Dis hoe ek dit onthou van kindsbeen af.
Gooi suiker daaroor.
Laat oornag staan.
Voeg 1 Granny Smith appel (geskil en gerasper), 2 knoetse gemmer bymekaar, kap dit fyn in voedselverwerker. Voeg 1e wynsteensuur by en gooi alles in die pot.
Kook en roer tot die stroop dik word.
Bottel warm.
Foto: Anki Grobbelaar
FYN MAKETAANKONFYT
Louna Conradie
Jong sommer uit die kop gemaak.
Dit was ± 1.5kg makataan,
1 medium pynappel (opgesny),
3 Granny Smith appels (geskil en grof gerasper),
± 2 tl gemmerpoeier (ek het voorheen vars gemmer gebruik), gelyke hoeveelheid suiker en 100ml suurlemoensap
Mikrogolf die makataan, pynappel en appel in toe bak vir ongeveer 20 minute.
Versap dit alles saam.
Gooi terug in bak, voeg suiker, suurlemoensap en gemmerpoeier by.
(indien vars gemmer gebruik word, word dit ook aan begin saam gekook en versap).
Kook dit in oop bak vir ± 45 minute.
Bottel en seël warm.
FYN MAKETAANKONFYT
Gabrielle Matthys
Neem kroon van makataan (sagte vleis)
Verwyder pitte en snipper.
Weeg. 1 kg suiker vir 1 kg vrugte.
Rasper n pynappel by.
Kook soos enige ander konfyt.