NARTJIE KONFYT
Deirdre Hislop
Skil nartjies en maak elke huisie los.
Sit in pot met net genoeg water om nartjies te bedek.
Laat kook vir so 1 uur.
Kook paar van die skille in 'n klein potjie met water.
Laat staan oornag.
Volgende dag
Meet 1 koppie moes vir 1 koppie suiker en stukkie gemmer.
Gooi 3 suurlemoene se sap by.
Maak fyn met stokmenger.
Vryf 'n paar van die skille se wit af met 'n mes en sny in stukkies.
Voeg by na die blender gebruik is.
Kook tot piering gehalte in yskas.
(Ek het 22 nartjies in totaal gebruik, en 3½ bottels uitgekry.)
NARTJIE KONFYT
Maak 4 flessies
1,2 Kg Nartjies
600g Suiker
Sap van 2 suurlemoene
Maak 'n groot pot vol water en bring tot kookpunt.
Sit die nartjie in die water en kook vir 20 minute.
Haal dit uit en hou van die water eenkant.
Sny die nartjies in kwarte (moenie afskil nie)
Haal pitte uit.
Sny suurlemoene in die helfte en hou hulle pitte in.
Maak bietjie van die nartjie water warm in klein pannetjie en voeg die suurlemoen en nartjiepitte by en kook vir 5 minute.
Kap nou die nartjie kwarte op in 'n voedselverwerker vir 'n paar sekondes.
Sit dit in 'n groot pot.
Voeg suiker, suurlemoensam en die water wat gebruik is om dit in te kook by.
Bring tot kookpunt en kook stadig, die suiker moet eers oplos.
Kook nou vir so 18 - 20 minute
Vul die flesse met die konfyt en sit die deksels dadelik op.
Laat afkoel en geniet in so dag of 2.
FYN NARTJIE KONFYT
Skil 10 nartjies en behou 5 se skil.
Gooi in voedselverwerker en kap fyn so fyn jy dit wil hê.
Jy kan dit ook rasper as jy nie voedselverwerker het nie.
Kook in stoomkastrol met 10 koppies water vir 20 minute.
Maak kastrol oop en gooi nog 10 koppies kookwater by, roer deur en meet moes af met 250 ml beker en gooi in groot konfyt kastrol.
Gooi dieselfde aantal koppies suiker as die moes wat jy gemeet het by en roer tot die suiker opgelos het
Jy kan to eetlepel botter insit sodat hy minder skuim.
Skep maar skuim af wat later teen die kante van die kastrol is.
Kook vir ongeveer 1 uur en toets of reg is.
Skep bietjie in yskoue piering en as dit jellieagtig raak of riffels maak in piering is dit reg om te bottel.
Bottel warm en laat staan tot koud en draai toe, hy vorm self so dikkerige lagie bo, so nie nodig om deksel warm op te sit nie.
Verwerking van 'n Lemoenkonfyt resep.