GEELPERSKE BLATJANG
Bottel-en-Bêre
5 ryp geelperskes
1kg uie, fyngekap
‘n knypie sout
250 ml asyn, na smaak
30 ml kerriepoeier (meer as jy van sterker blatjang hou)
5 ml rissiepoeier
1 kg suiker
Was perskes met skoon naelborseltjie in bak water (om haartjies te verwyder)
Sny perskes in stukkies en plaas in groot pot.
Meng al die bestanddele in ‘n groot kastrol.
Prut vir 1 (of na gelang van dikte) uur tot die mengsel sag en effens dikker is. Dit hoef nie baie styf te wees, want dit verdik soos hy afkoel.
Gooi in gesteriliseerde flesse en verseel terwyl die blatjang nog warm is.

HETTIE SE BLATJANG VIR PERSKES OF APPELKOSE
3 kg vrugte, gesnipper
3 groot uie, gekap (Ek rasper dit)
10 ml naeltjies
1 bottel wit asyn
5 ml Rooipeper
7 ml Koljander
7 ml Peperkorrels
2 Koppies Rosyne
625 ml suiker
3 ml sout
7 ml kerrie
7 ml Gemmer
2 E lepels Maizena
Kook alles ongeveer 1½ of 2 ure tot dik.
Bottel warm en geniet, ek doop my bottels se proppe in kerswas, sit n lint in die kerswas en gee as geskenk.