GEROOSTERDE SOETSUUR CHILLISOUS
Bernadene Daniell Prinsloo
Ek loop al lank met die idee om n geroosterde soet/suur chilliesous te maak. Met die oes wat einde se kant toe staan, het ek die laaste rooi chillies gepluk en pitte verwyder.
My resep wat ek gebruik het is soos volg:
2 kop rooi chillies
6 groot ryp tamaties (skille verwyder)
6 medium uie
1 knoffelbol ( al die huisies)
Vars kruie na smaak (ek het roosmaryn, basieliekruid, origanum en pietersielie gebruik)
10 ml sout
125 ml balsamiekasyn
125 ml wit asyn
250 ml suiker
250 ml fyn appelkooskonfyt
Meng alles in n groot roosterpan en voeg sout en balsamiese asyn by.
Plaas pan hoog in die oond en rooster vir ongeveer 30 min - roer een keer deur.
Laat bietjie afkoel. Gooi in voedselverwerker of versapper en voeg suiker, asyn en appelkooskonfyt by.
Kap tot lekker fyn en goed gemeng.
Gooi in n kastrol en kook sowat 5 min (vanaf kookpunt) sodat suiker kan oplos)
Bottel in gesteriliseerde bottels.