VRAE EN ANTWOORDE OOR DIE GEVARE VAN VERKEERD INLê:
Henk Boshoff
Inlê en canning kan 100% veilig gedoen word as die regte prosedures gevolg word
Ek het die afgelope paar maande egter met kommer waargeneem dat lede Aartappelslaai en pastas bottel.
Geen, maar Geen laesuur groente kan gebottel word op die gewone manier nie.
Dit kan slegs veilig in 'n canner gedoen word.
Ons praat nou nie hier van souse, blatjang, piekels ensomeer nie, maar van groente of produkte met 'n pH bo 4.5.
Botulisme is dodelik en word slegs vernietig teen 'n konstante temperatuur en periode bo 115°C.
Hierdie temperatuur kan slegs in 'n regte Canner bereik en gehandhaaf word.
Jy kan die produk op die gewone manier kook tot jy blou word, dit gaan niks help nie.
Botulisme is skaars, maar dodelik!
VRA JOUSELF NET EEN VRAAG AF. IS JY BEREID OM JOUSELF EN JOU FAMILIE SE LEWENS AAN 'N DODELIKE GIFSTOF BLOOT TE STEL?
Bo: 'n Regte Canner (te koop by Basterfield, Johannesburg)
Henk Boshoff
Inlê en canning kan 100% veilig gedoen word as die regte prosedures gevolg word
Ek het die afgelope paar maande egter met kommer waargeneem dat lede Aartappelslaai en pastas bottel.
Geen, maar Geen laesuur groente kan gebottel word op die gewone manier nie.
Dit kan slegs veilig in 'n canner gedoen word.
Ons praat nou nie hier van souse, blatjang, piekels ensomeer nie, maar van groente of produkte met 'n pH bo 4.5.
Botulisme is dodelik en word slegs vernietig teen 'n konstante temperatuur en periode bo 115°C.
Hierdie temperatuur kan slegs in 'n regte Canner bereik en gehandhaaf word.
Jy kan die produk op die gewone manier kook tot jy blou word, dit gaan niks help nie.
Botulisme is skaars, maar dodelik!
VRA JOUSELF NET EEN VRAAG AF. IS JY BEREID OM JOUSELF EN JOU FAMILIE SE LEWENS AAN 'N DODELIKE GIFSTOF BLOOT TE STEL?
Bo: 'n Regte Canner (te koop by Basterfield, Johannesburg)
- Christine Pienaar Skies ek pla. Maar ek het die aart slaai gemaak, en dit is regtig lekker. Ek het die pH daarvan getoets en dit was 5.2. DWS, volgens alle navorsing beskikbaar, kan jy dit NIE met veiligheid bottel nie. en dit was met die 1 blikkie kondensmelk. Ek wonder wat gaan pH maak met 2??
- Christine Pienaar jy sien hom nie, ruik hom nie en proe hom nie. Die produk lyk dood normaal.
- Martie Coetzee Dki vir antwoord Christine. Christine Pienaar en daar dog ek nog altyd as hy ni kook ni is dit dooddollies om te eet. Moet menns dan vir veiligheid di bottel se ph toets voor jy dit eet? Hoe / met wat toets mens dit?
- Marthie Meiring Ludik wat van kerrie wortels mag ek inle of nie
- Henk Boshoff Onthou ,ons praat hier van skoon groente,nie kerriekool speserybeet ensomeer nie,ons praat van groente ingele in water
- Henk Boshoff Herklaas, my Ouma het in die 1930s al 'n canner gehad In die VSA het almal canners. As jy vleis,vis,pluimvee en lae suur groente sonder 'n canner inlê, mag jy moontlik vir 'n ruk daarmee wegkom, maar sorg maar dat jou polisse op datum is. Hierdie is geensins 'n suur druiwe probleem nie, maar ek gaan geensins lede en hul gesinne in gevaar stel deur nie vir hulle werklike feite te gee nie.
- Henk Boshoff Die hele probleem met Botulisme is dat daar geen sigbare teken is dat die produk besmet is nie,jy kom dit eers agter as jou organe begin ingee. As n produk soos Aartappelslaai n ph van 5.2 het,soos Christine genoem het,is dit gevaarlik
- Esther Allison Is daar 'n manier hoe mens die ph kan toets?
- Henk Boshoff Ek kan n post plaas met die phs van groente,jy kan die PH toets met toestelle of toetspapier
- Christine Pienaar julle, AL hierdie feite is VRYLIK beskikbaar!!! Oral, algemeen. Niemand hoef te wonder daaroor nie! Gaan lees op.
- Dit is NIE stories wat iemand uitdink nie. Dit is doodnormale, wetenskaplike, beproefde feite.
- Mense gaan dood van botulisme.
Jy proe dit nie, ruik dit nie, sien dit nie.
Ons wil NIEMAND afsit om te bottel, te bêre of te preserveer nie. WEES NET VERSIGTIG!!!! Dit is een van die goed wat ons vorentoe dalk nog almal baie gaan en Sal gebruik.
Kom ons leer. Kom ons lees. Kom ons weet wat ons doen! Kom ons help mekaar, kom ons vra mekaar.
Ek persoonlik het Botulisme gesien. Dit is NIE voedselvergiftiging nie. Jy word nie naar en het diaree en ontwater nie. Jou senu stelsel pak op.
Dit gebeur nié Sommer nie, maar dit GEBEUR!!!!!
en dit hoef nie..... - Maritha Fourie Theron ek le nooit net in water in nie, ek le selfs aartappels in in n sous wat asyn bevat. Ek het resepte vir groente in water inle maar dit is bo my vuurmaak plek. Ek gebruik n drukkoker om te sterliseer. Sou die temperatuur nie hoog genoeg wees nie?
- Christine Pienaar nee, ongelukkig gaan ñ stoomdrukkoker net tot by kookpunt. 100 grade C.
ñ Canner se druk is hoër as ñ stoompot sin en so ook sy temperatuur wat tot 125 grade C (hier by ons) kan gaan.
Die botulisme oorleef kookpunt, maar NIE temp bo 115 grade C nie. - Henk Boshoff Canners kan gekoop word by Basterfield, Johannesburg
- Adriana Esterhuizen Kan mens dan enigsins aartappelstaai of noedelslaai selfs vir n maand bottel sonder di canner en miskien in di yskas hou
- Henk Boshoff Dit is lede se eie besluit,ek bottel geen slaaie nie
- Cynthia Nel Van Rooyen Henk kan n mens in n groot pot can watter produkte moet gekook word in bottels in n canner raad sal wardeer word en hoe weet n mens hoe lank dit gekook moet word
- Henk Boshoff Alle lae suur skoon groente.m a w alle groente behawe Tamaties,moet in n canner verwerk word volgens instruksies,onthou ons praat hier van groente gebottel in water.
- Magda van Lelyveld Met ander woorde Henk - daar is kerrieboontjies, butternutslaai, beet chutney wat ook lae suur groente is, maar wat al vir jare gebottel word. Vertel bietjie meer asseblief. Hoe nou gemaak?
- Amanda Struwig Cynthia, hier is bietjie leesstof ook oor inlê. http://bottelenbere.weebly.com/riglyne-en-beginsels-van...
- Riglyne en Beginsels van Bottelering / Guides and Manual for Home Canning
- Christine Pienaar Magda van Lelyveld, verstaan die beginsel. by Kerrie boontjies ens gooi jy asyn by wat Dan die pH afbring na onder 4.6
By konfyt, is die suiker die preserveermiddel.
Ons is bekommerd oor bv aart, wortels ens wat gepreserveer word as die pH te laag is, bv 4.8 of 5.2 of meer. - Jy kan wel jou pH verlaag deur asyn, suurlemoensap, sitroensuur ens by te voeg.
- Jy kan regtig wêreldwyd gaan lees op ENIGE blad oor inmaak en preservering, en jy Sal dadelik sien dat dit NIE Henk Boshoff is wat dit so besluit en uitgedink het nie, dit is WÊRELDWYD die norm!!!
DON'T KILL THE MESSENGER!!!!!!!!!!!!!!!! - Henk Boshoff Magda,lees mooi,ek verwys na lae suur produkte,kerriebone,,beet chutney,ensomeerm se asyninhoud sorg dat dit nie lae suur is nie
- Henk Boshoff Geen chutneys is lae suur nie
- Ria Yeriel Wilson: Jy kan nie die tuisproses met 'n fabrieksproses vergelyk nie. Mens kan ook nie sommer se dit wat jy in plastieksakkies en boksies koop noodwendig gesond is nie. Die probleem is, goed word bygevoeg om 'n spesifieke resultaat te kry, maar wanneer mense siek word, word dit nie gese dis daardie goed wat hulle siek gemaak het, of dis 'n skadelike gaarmaakproses wat gevolg is nie. Ek kan jou amper wed dat as iemand botulisme opdoen, gaan die botteltjie aartappelslaai wat hulle by die mark gekoop het, of self gebottel het, dalk nooit aan gedink word nie.
- Henk Boshoff: Die groot probleem met Botulisme is dat jy geen fout kan agterkom nie,dit is kleur,smaak en reukloos,jou bottel gis nie en wys geen teken daarvan nie,jou bottel is lugdig geseel,wat jou gerusstel.Dit is waar jy die fout maak,Botulisme groei juis in n goed geseelde bottel.As jy nie kanse vat nie en die maatreels volg,sal jy nie probleme daarmee optel nie
- Christine Pienaar: Ria ek stem! Ons praat juis vandag daarvan! Ons wonder hoeveel mense in die "ou tyd" verskriklik siek geword het, dokters was vêr, hulle is maar dood op die ou einde en NIEMAND het eers gedink of geweet van botulisme nie!
- Christine Pienaar: Henk, ek het by hulle gestaan. 5 lieflike vullens! Vir WEKE hulle dag en nag versorg, omgedraai, afgespuit, vlieë probeer weghou. Hulle het daar gelê! Kon nie eens hulle oë knip nie! Veearts wou nog dit en dat, toe huil ek en sê GENOEG!!! Dit was absoluut AAKLIG en ons het al 5 uitgesit.
- Christine Pienaar as jy ENIGE suur soos asyn, suurlemoensap of sitroensuur bygooi en sy pH onder 4.6 kry, is jy veilig! clostridium botulisme kan nie oorleef in hoë suur nie.