Habanero Rissie en Appelkoos Konfyt
Hierdie konfyt is uitstekend wanneer opgewarm en oor vark gesmeer in die oond. Dit het 'n aangename spesery-soet geur.
Bestanddele
Metode
Bron en foto: tasteofhome
Hierdie konfyt is uitstekend wanneer opgewarm en oor vark gesmeer in die oond. Dit het 'n aangename spesery-soet geur.
Bestanddele
- 1½ kg vars appelkose
- 6 eetl suurlemoensap
- 2 tot 4 habanero rissies, ontpit
- 1 pak (50g) pektienpoeier
- 7 kop suiker
Metode
- Ontpit appelkose en kap in stukkies.
- Plaas in kastrol en roer die suurlemoensap in.
- Plaas habaneros in 'n voedselverwerker, voeg so klein bietjie van die appelkoosmengsel by om makliker fyn te kap.
- Roer pektien by die appelkose. Bring tot kookpunt terwyl vinnig geroer word.
- Roer suiker in en kook vir so 1 minuut.
- Verwyder van hitte en skep skuim af.
- Giet in gesteriliseerde flesse en los so 1cm spasies tot by deksel.
- Verwyder lugblasies.
- Skroef deksels op, nie te styf nie
- Plaas in waterbad vir 10 minutes.
- Vir beste resultate los dit vir so 2 weke om lekker te stol.
Bron en foto: tasteofhome