HEEL RYP VYE KONFYT
Amanda Struwig
Spoel die vye af en skuur liggies met borseltjie.
Maak met ‘n skerp messie ‘n kruisie sny aan die blom-ent van die vye
Moenie die snye te groot en grof maak nie, want dan gaan jou vye later in die proses makliker stukkend kook.
Nou laat lê jy die vye oornag in ‘n oplossing van 45ml koeksoda op 5liter water.
Die volgende oggend spoel jy die vrugte goed af en plaas hulle in kokende water. Kook hulle dan vinnig saam vir 15min.
Nou maak jy die stroop.
Vir 3 kg vrugte, 4kg suiker en 6liter water
Die stroop kook jy tot die suiker opgelos het.
Maak 1,5liter ekstra stroop om die stroop aan te vul tydens die kookproses soos dit wegkook.
Skep die vye uit en druk die ergste water uit die vye wat gekook het
Sit dan die vye bietjie vir bietjie in die vinnig-kokende stroop. Water moet bly kook.
Jy kan ook naeltjies, kaneelstokkies en vars gemmer ingooi sowel as 45ml tot 60ml suurlemoensap vir elke 3kg vrugte.
Kook die vrugte nou vir sowat 2 ure tot die stroop effens verdik as jy dit op ‘n koue piering gooi (dit moet soos dun heuning lyk) en die vrugte glasig of deursigtig lyk.
Skep in gesteriliseerde bottels, seël dadelik.