HENK SE BILTONGRESEP
Henk Boshoff
Daar is letterlik honderde maniere om biltong te maak.
Hierdie is my resep,onthou smaak verskil.
Ek hou van klammerige biltong.
Meeste mense gebruik 20 na 40 gram sout per kg vleis, ek het my hoeveelhede nog nooit geweeg nie.
Wat ek wel akkuraat afweeg is Salpeter,1 gram per kg vleis.
Vir diegene wat presies te werk wil gaan gee ek die volgende riglyne,
PER KG VLEIS:
25 gr sout
8 gr bruinsuiker
1 gr koeksoda
1 gr salpeter
1 ml swartpeper
10 gr koljander
METODE
Plaas koljander in die mikrogolf tot goed warm en maal dit dan.
Meng salpeter met 15 ml sout.
Plaas Appelasyn in 'n diepbord.
Gebruik 'n plastiese bak om biltonge in te plaas, die dik stukke kom onder in.
(Ek het vir my 'n paar vlekvrye staal soutpotjies gekoop vir my proses.)
Gooi 'n redelike dik laag gemaalde koljander op bodem van plastiese bak, gevolg deur 'n baie ligte besprinkeling van swartpeper, naeltjies salpeter en 'n redelike besprinkeling bruinsuiker.
Neem elke stuk biltong en benat goed met die asyn, gooi dan sout weerskante op, omtrent 3 maal soveel as wat jy op 'n biefstuk sal gooi.
Plaas dit dan in die bak bo op die ander bestanddele, gooi dan weer koljander en die ander bestanddele bo op en herhaal die proses totdat klaar is.
Laat lê oornag en hang om te droog.