HERBERT SE PICALILLI
Herbert Bond
3 KG Groente van jou keuse.
Ek het die blomkool mooi klein opgebreek en die engelsekomkommer blokkies gesny.
Ek het vars Uie, Wortel , Engelse Komkommer en gevriesde gemengde groente gebruik.
5 Lt Water
280 Gr Sout
Week die groente oornag in die soutwater.
Spoel volgende dag goed af en hou eenkant.
Meng die volgende saam en kook tot suiker opgelos het.
1 Lt Wit Asyn
25 Ml Mostert Poeier
340 Gr Suiker
7 Ml Fyn Gemmer
Laat net kook tot suiker opgelos het.
Voeg groente by en kook tot groente sag maar nog ferm is. Skep groente uit en hou eenkant.
Meng die volgende saam.
30 Ml Borrie
Halwe Liter Wit Asyn
65 Ml Maizena
Voeg dit nou by die Asyn mengsel in die pot sonder die groente. Kook net tot sous reg is. Dit maak n pragtige geel sous en moet nie te dik wees nie.
Voeg die groente by en laat net opkook.
Bottel warm