HOE GEBRUIK MENS PEKTIEN
Christine Pienaar: 15 gram op sagter een en 20 gram op stywer een vir elke 2kg.
Meng pektien met suiker, anders sukkel jy en dit maak klonte.
Laat kook konfut, voeg pektien in en moenie vir langer as 2 min kook nie. Anders breek die ketting verbinding.
Pektien is ñ polisakaried wat in meeste vrugte se selle natuurlik voorkom en help om konfyte ens te laat set of stabiliseer. Die voordeel is dat dit jou kooktyd BAIE verminder. Jy behou ook dan natuurlik meer voedingstowwe. Dit vorm ketting verbindings s met die suiker. Indien jy dit te lank kook, breek die kettings weer.
Jy kan dit self maak met bv appels en dit word kommersieël gewoonlik v sitrus gemaak wat ook baie hoog in pektien is.
Dit help om ñ eenvormige produk te kry en word ook gebruik om roomys, jogurt ens te stabiliseer. In SA is dit redelik moeilik om te kry en Dairy Cherette verskaf in grootmaat, maar is baie behulpsaam en verkoop ook in kleiner maat aan ons.
By apteke kry jy gewoonlik pektien wat medies gebruik word. Dit help vir maagprobleme, spastiese dikderm, acid reflux en Chrohn disease.
Wil dit net bysê. Die manier hoe ons nou konfyt kook, is basies om dit aan te hou kook tot genoeg vog verdamp het om ñ jellie/konfyt/stroop te vorm. Hitte en verdamping.
Met pektien werk dit totaal anders. Jy kook NIE jou konfyt dood nie.
Die smaak verskil wel effens, maar baie min!
Pektien is egter BAIE gevoelig vir pH. Jou ideale pH is hier by 3.6 rond, dan werk hy soos ñ bom! Die maklikste manier is om jou pH met sitroensuur reg te kry. Dit het die minste invloed op die smaak en verlaag die pH die vinnigste!
Onthou, MOENIE pektien te lank kook nie! Jy vernietig van die ketting verbinding. NIKS meer as 4 tot 5 min nie!! Laat produk effe afkoel voor jy bottel. So 90 grade C.
Soms set konfyt eers ñ hele paar dae na die tyd. Dit set NIE dadelik as dit afgekoel het nie.
VERSKILLENDE SOORTE PEKTIEN EN GEBRUIKE DAARVAN
deur Christine Pienaar
Jy kry baie verskillende soorte pektien vir verskillende gebruike.
Jy kry HM (High Metoxyl) en LM Low Metoxyl pektien.
Vir konfyte word HM gebruik.
Daaronder kry jy dan ook weer verskillendes.
Sommige word gebruik vir stabilisering van bv roomys en jogurt ens.
Die HM wat in konfyte gebruik word, bind met suiker en suur om te kan gel.
M het kalsium nodig om te kan gel.
Medisinaal word albei gebruik, maar meer LM.
Dit help vir bloed cholestrol, maagprobleme, help om swaar metale te verwyder uit liggaam en het ook 'n pro-biotic efek op die liggaam.
Ek HET al die apteek se medisinale pektien met sukses gebruik, maar as jy regtig op die regte manier en intensief pektien op die regte manier vir konfyt wil gebruik, moet jy eerder die Hm gebruik.
Op die ou einde kom alles van plantselle af, en dit sal werk.
aar die oomblik as jy regtig dit in grootmaat wil doen, gaan jou eindresultaat net soveel meer beheerbaar en beter wees met HM.