KWEPERJELLIE: RAAD HOE OM PEKTIEN TE TOETS
Santa Bester
Met die tyd saam het ek egter in die praktyk ʼn paar dinge geleer.
No 1 is dat jy die spiritus metode moet gebruik om te bepaal wat die gehalte van die pektien in vrugte is. ( 3 Eetlepels spiritus op 1 eetlepel sap) Skommel liggies vir ʼn paar sekondes. Moet nie roer nie. Laat staan vir paar sekondes en gooi versigtig in ʼn piering uit.
1 Stewige klont goeie pektien gehalte. Voeg 1kop suiker vir elke kop sap by. Twee groot klonte gebruik ʼn 3/4 koppie suiker vir 1 koppie sap. Klein klontjies nie geskik vir gebruik nie. Mens kan die sap dan langer kook sodat meer vog verdamp en weer toets maar daar is nie regtig ʼn waarborg dat ʼn beter gehalte pektien verkry gaan word nie.
No 2 moet nooit ʼn groot hoeveelheid jellie op ʼn slag kook nie. So 6 koppies sap en suiker is ideaal
No 3 Roer net totdat die suiker opgelos is en kook redelik vinnig. Sodra dit begin borrel moet jy jou weerhou om kort kort te roer. Alleenlik wanneer die produk byna gereed is kan jy weer roer. Baie roer maak ook die jellie troebel.
Wat van uiterste belang is, is dat jou sap voordat jy kook reg deurgesyg moet word. As jy nie moeselien doek het nie gebruik van die dun brush nylon dubbeld gevou met ʼn dun laag watte tussen in. Ek gebruik my vergietes om die lae lap in te sit wat ek weer ip ʼn 5liter emmer plaas. Vrugte en sap moet nie te warm wees nie. Laat oornag tot 24 uur lank stadig deursyg sonder om te roer of te druk vir meer sap. Dit sal ook jou jellie troebel laat vertoon. Afhangende vd suurgehalte vd vrugte voeg ongeveer 10 minute voordat dit gereed is die suur soos suurlemoensap of wynsteeensuur by wat help met die stolproses. Verhouding is gewoonlik 1 eetl suurlemoensap of ʼn halwe teelepel wynsteensuur vir elke 2 koppies sap. Moet nie te lank voor die tyd byvoeg nie want dan verander die pektien in pektiensuur.
As jy wil seker maak daar is geen onsuiwerhede in jou jellie nie is dit raadsaam om sodra die suiker opgelos het maar alvorens die kook proses begin, om die mengsel weereens deur ʼn doek wat met ʼn dun laag watte uitgevoer is te syg. So word die onsuiwerhede wat in die suiker is ook uitgehaal.
Lekker kook.