HOE VRIES EK AARTAPPELS
Christine Pienaar:
Hi, ek skil my aart en sny, sit dit in water met vit C tablette of askorbiensuur ( een tablet op 1 liter water). it voorkom dat die aart bruin verkleur. DDan "blansjeer" ek dit in warm kook olie vir so 3 minute. Sprei dit oop, laat afkoel en vries. Dit werk vir my, en ek maak "chips" van so 10 sakkies aart op 'n slag as die prys af is, en dit hou my laaank.
Karina Visagie:
Jy kan die aartappels deursny en bietjie krap aan buitekant met vurk en in sakkies pak en vries.
Wanneer nodig gooi gevries in warm olie. Maak baie lekker braai aartappels en JA dit werk ek doen dit gereeld.
Marie Peters:
Kook aartappels en maak fyn - moet NIKS by gooi nie. Vries dit in plat porsies. Vir gebruik ontvries jy dit, gooi bietjie warm melk, botter, ens by en jy het kapok aartappels. Ek doen dit en het nog nie `n probleem gehad nie - dit werk, geen snaakse smaak ens nie.
Amanda Struwig: Sny jou skyfies klaar, pre-cook in olie vir paar minute. Haal uit en laat heeltemal afkoel. Sit op skinkbord in vrieskas tot amper gevries. Plaas in sakkies en seël. Vries dan verder.
Huibrecht Du Plooy Strydom: Druk die aartappels fyn. Maak balletjies met stukkie kaas in die middel van die balletjie. Druk in eier en melk mengsel en dan in krummels. Vries in sakkies. Bak in olie tot goud bruin vir aartappel happies.
Rosa Hendriks:
Hallo almal ek doen die volgende al jare lank en dit werk, skil my aartappels, en sny my chips le rukkie in chip white, spoel goed sit in kookwater, en kook so 3 tot 4 min, sit op rak laat afkoel en vries, gebruik soos nodig, vir chips laat ek dit so halfpad ontvries en bak in oond of diepolie, vir kook gebruik ek dit gevries, hoop dit help
Elsie V Rensburg:
Skil sny chips. Kook op vir 3min in melk en n halwe kop olie. Laat afkoel en vries. Gebruik soos enige gevriesde chips.
*Chip white te kry by speserywinkels / afdelings of plekke soos Bakers Bin
Onbekende Bronne:
Ek braai my chips net so klein rukkie - ongeveer 5 minute, gooi hulle oop op 'n skinkbord en laat hulle so gou moontlik afkoel - sit sommer die skinkbord in die vrieskas, gooi dan is sakkies en vries hulle.
Skil en sny die aartappels reg vir skyfies. Sit in kastrol met water, sit dan die kastrol op stoof sodra die water kook (ek los myne nog so 3 min) verwyder en dreineer. Sit dit op bakplaat of skinkbord en laat net effens afkoel sit dan so oop in vrieskas. Die skyfies sal "ys kristalletjies" op die chips maak dan is dit reg. Sit dit in zip lock sakkies tot dit gebruik word. Braai net so in olie sonder om te ontdooi. Heerlike "crispy chips"
HOE OM CHIP WHITE TE GEBRUIK OM AARTAPPELS EN PATATS TE VRIES
Chip White werk baie goed - dit is wat gebruik word op alle verpakte aartappelskyfies soos bekende handelsmerke.
Wanneer dit by arbeidskoste en verwerkinstyd kom is dit goedkoper om die klaarverpakte 20kg pakke gevrieste aartappelskyfies te koop.
Werk baie goedkoper uit.
Skil en sny Chips, lê in water met Chip Wite (aanwysings op die pakkies) gemeng. Die Aartappels sny ek in die helfte.
Koop by Crown National.
Jy moet dit steeds pre-cook vir 'n paar minute op hoë hitte (maak seker die skyfies is nie nat nie) en dan op 'n effens laer hitte gaarmaak vir sowat 5 - 8 minute (afhangende van die tipe aartappel).
Daar is mense wat nie van die Chip White hou nie omdat hulle beweer dit laat die aartappel melerig proe. Ek het al drie take-aways gehad en by 'n meester skyfiemaker te Jeffreysbaai geleer (1969) om die perfekte chippie te maak, maar daardie is nou 'n heel ander proses en verg bietjie meer arbeid.
Deur die aartappel te pre-cook keer jy dat die olie nie binne die aartappel vasgevang word nie.
DAN VIR DIE WAT NIE VAN CHIP WHITE HOU NIE:
Ek gebruik nie chip white nie.
Ek braai die chips vir 5 min en haal uit dan pak ek dit oop op n bakplaat wat met bruinpapier uitgevoer is, sit n waaier op die chips tot koud en verpak in sakkies.
Om te gebruik maak olie warm en sit bietjies in warm olie.
Die chips is heerlik.
My chips het nog nooit verkleur nie, so die chip white is onnodig om te gebruik.