INGELEGDE KNOFFEL 1 kg skoongemaakte knoffel - lê in koue water vir 2 ure en vryf skilletjies af Kook in water wat net die knoffel bedek vir 2 minute. Dreineer. Pak in botteltjies. KOOK SAAM 1½ kop suiker 2 kop asyn knippie sout Gooi oor knoffel en seël bottels Baie belangrike inligting oor die inlê van Knoffel: Christine Pienaar Die belangrikste van knoffel inlê, is om slegs stainless steel of erde potte te gebruik. GEEN alliminium ens nie! Chemiese reaksie vind plaas met elemente in water soos koper, yster ens en dit is wat knoffel verkleur en groen, blou of pers maak. Gebruik SLEGS gedistileerde water en jou produk gaan pragtig wit bly! Ons gebruik battery water. Sarie Van Niekerk : Ek maak my knoffel skoon en droog, pak dit in botteltjies en vul die botteltjies met olyfolie en bere dit. Dit hou baie lank so en dan het jy agterna nog die lekker knoffelolfolie ook Wendyann Niemand Walsh: 1kg garlic,lie it in cold water for 2 hours,take off the skin. Boil the garlic for 2 minutes,make sure thd water just covers the garlic. Drain an pack in bottles. Boil 1 an half cups sugar,2 cups vinegar and pinch of salt. Pour over garlic,and close bottles. Petro Esterhuysen: Ekt knoffelhuisies skoongemaak en in sakkie gegooi en in vrieskas gesit en dit werk nog steeds |
INLE VAN KNOFFEL
Helena Enslin Laubscher Hier is my resep wat ek 'n jaar terug gebruik het om knoffel in te lê. Ek het dit in 'n donkerkas geplaas, nie in die yskas nie. Week knoffel 3 dae in pekelwater 850 ml water 125 ml growwe see sout Bedek heeltemal en laat staan 3 dae Moenie laat dit bo dryf nie, dit moet toe wees met die pekelwater. Stroop: 1 kg suiker 750 Asyn 400 water Verhit knoffel stadig tot kookpunt en kook vir ½ uur. Skep in bottels en vul met stroop. |