INGELEGDE PERE
Ben Rautenbach
Kies geurige,ferm pere.
(Baie harde pere bevat nie genoeg geur en smaak om ingele te word nie).
Skil,halveer en ontkern die pere.
Om verkleuring te voorkom,dompel die peerhalwes dadelik in n oplossing van 30 ml asyn en 20 ml sout per 5 liter water.
Maak die pere volgens die oopkastrol-of waterbadmetode.
Vir albei metodes is dit nodig on n matige stroop van 200 gr witsuiker en 10 ml suurlemoensap per 500 ml water te kook.
Waterbadmetode:
Plaas die pere vir+-5 min in kookwater,of kook die pere tot amper sag.
Dompel dit vinnig in Koue water en pak dit in warm gesteriliseerde flesse,vul dit met kokende stroop en verseel die flesse,maar draai die deksels styf vas en dan n halwe draai los.
Plaas die flesse op n rakkie of vals boom in n diep kastrol en voeg soveel warm water by dat dit 5 cm diep bedek word.
Verhit die water en steriliseer sagte peersoorte 20 min by 90 grade C en harde peersoorte 15-20 min by 100 grade C.
Draai die deksels dadelik styf toe.
Oopkastrolmetode:
Plaas die peerhalwes in kokende stroop en kook dit tot sag.
Pak die pere in warm gesteriliseerde flesse en vul met die kokende stroop.
Verseel dit dadelik.
Resep: Anette Human uit Lekker vir Later Plus
INGELEGDE PERE
Jenny Schneigansz
Ek gebruik pere wat nog ferm is.
Kry n skottel met water reg deur n vit c pilletjie en so 1 E sout daarin op te los.
Skil pere en sny klokhuisies uit.
Laat hulle lê in voorbereide water.
Gebruik 'n redelike groot kastrol en kook stroop.
Daar het jy n keuse, jy kan 1 k suiker vr 1 k water of ek gebruik 1 k suiker vr 2 k water, en sit ook 'n bietjie suurlemoen sap in, dit hou die pere mooi wit.
As die stroop sterk kook, kan jy die pere insit.
Hulle kook baie vinnig gaar, so 5 min, toets met 'n tandestokkie.
Vul gesteriliseerde flesse tot oorlopens toe.
Maak deksels ook warm en seël dadelik.