INGEMAAKTE OLYWE
Susan Wessels
Plaas olywe in houers en vul met water.
Olywe word glad nie gesny.
Sodra n lagie bo-op water vorm, vervang met skoon water.
Gevind dit werk lekker as jy houer met "ou" water in onder lopende kraan plaas.
Die "vuil" lagie spoel dan oor die kante en dan kan res v water makliker afgegooi word.
In die begin is die tydperk tussen watervervangings enkele dae, maar dit word al langer.
Vervang water ten minste 1 maal per week.
Haal ook solank al die stukkende olywe uit wanneer water vervang word. Hulle dryf gewoonlik bo-op
Hou aan vir 6 weke of tot water na n volle week nog "skoon" is.
Proe nou of olywe nog bitter is.
As dit nog te bitter is na smaak, gaan aan met proses vir nog n week of 2.LET WEL olywe mag nou dalk baie waterig smaak, maar res van die proses verander weer die smaak.
Was olywe deeglik en plaas in skoon houers vir volgende stadium.
Los 100g sout in 1L kokende/warm water op.
Gooi die warm pekel oor olywe tot heeltemal bedek.
Die olywe dryf agv die soutkonsentrasie.
Plaas n bord bo-op olywe om onder te hou.
Olywe moet vir n week in hierdie pekel lê, maar dit moet in die middel van die week met nuwe pekel (selfde sterkte) vervang word.
Na n week word die pekelwater afgegooi en olywe weer afgespoel.
Plaas olywe weer in skoon houers en bedek met asyn vir 24- 36h. NIE LANGER NIE, WANT DAN IS DIE ASYNSMAAK TE STERK (praat uit ondervinding😓) Indien jy baie olywe gaan bottel, maar nie alles op een dag kan hanteer, kan jy dit nog in pekel los en daagliks net soveel in asyn sit soos jy kan hanteer. n 5L emmer met olywe gevul, benodig ongeveer 2-3L vloeistof om te bedek.
Olywe moet nou vir n dag lank oop lê.
Ek gooi dit sommer op my eetkamertafel op plastiek uit.
Probeer om dit so na as moontlik aan enkellaag te doen.
Olywe is nou gereed om gebottel te word.
Ek verpes pap olywe en haal op die stadium die pappes uit.
As daar baie is, kan dit vir tapenade gebruik word.
In skoon (gesteriliseerde ) houers, plaas *skyfie suurlemoen, knoffeltoontjie, vars kruie (bv roosmaryn).
* Vul nou pot met olywe.
Gooi gedroogde kruie en olie bo-op.
Olyfolie of kanola olie.
Ek gebruik kanola olie omdat dit nie stol as dit in yskas geplaas word.
Bogenoemde tussen * is opsioneel en na smaak.
Die grootte van jou houer bepaal ook hoeveel jy ingooi.
Op n L emmertjie gebruik ek 25-30ml gedroogte kruie en 50ml olie.
Vul houers met warm pekel wat as volg voorberei word:
Los 150g sout op in 2,5L water en bring tot kookpunt.
Voeg 150ml asyn by en meng. (Gebruik sommer van die wat olywe in gelê het)
Plaas deksels op en laatl staan vir ten minste n week as jy kan.
Hoe langer dit staan, hoe beter smaak dit.
Olywe kan sodra dit afgekoel het, in spens gebêre word.
Ek sit maar altyd ons oopgemaakte houer in yskas
(As olywe op is, kan die pekelwater gebruik word om skaapboud in te marineer)
INGEMAAKTE OLYWE
Richard Korver
Gooi olywe in water, haal die wat dryf uit, hulle gaan pap word.
Vir elke 3l water, 300g sout, roer tot opgelos.
Gooi olywe in, maak seker olywe is bedek, dus plaas ek n omgedraaidebord daarop.
Plaas deksek daarop en hou emmer in koel donker plek.
Ek wag so 2 maande, en vervang die soutoplossing.... daar sal ook slymerigheid wees, so ek was die olywe sommer.... maak weer n nuwe mengsel, nog so 2 maande..... nou proe ek n olyf.... indien hulle nog te bitter is, los ek nog n maand, proe weer..... ek hou daarvan as daar nog so n rapsie bitterheid in bly, maar dis n persoonlike smaak.... jy sal weet as dit reg vir jou proe.... die sout proses kan so lank ax 6 tot 8 maande duur, selfs n jaar..
As water te min raak, voeg nog by, olywe moet altyd bedek wees, anders vrot hulle.
Indien olywe nie meer bitter is nie doen volgende.
Gooi soutwater af(ek spoel olywe ook af)....ek doen so 2-3kg per slag, anders oorweldig dit jou.....
Gooi Bruin Asyn by olywe totdat hul bedek is, en los 12 tot 24 uur.
Gooi asyn af..... Ek het gewoonlik 40kg olywe, so ek gebruik die asyn weer om die volgende 2-3 kg te doen....
Gooi olywe in plat bak en laat staan vir nog 12 tot 24 uur (ek doen die laaste 2 stappe oor 24 uur elk) om olywe bloot te stel aan suurstof....(olywe word dan weer donkerder....nie noodwendig swart nie).
Pak olywe in gesteriliseerde bottels
Ek sit gewoonlik nou n plat skyfie suurlemoen of n rissie of iets wat die olywe stadig sal geur onder in bottel
Maak die volgende oplossing op stoof
4,5l water.
300gr sout
250ml bruin asyn (nuwe asyn)
Bring tot kook, skakel plaat af.
Gooi mengsel oor olywe tot vol
Gooi olyfolie bo-op om die mengsel te seël van lug, draai toe en keer bottel om tot koud.
Jy kan ook die oplossing geur met 1 naeltjie en/of so 4-6 knoffelhuisies.... jou keuse.
Goed wat jy in die bottels saam met olywe kan plaas..... maar dit hang af van jou smaak....
Takkie oreganum
Lourierblaar
Roosmaryn
Tiemie
Suurlemoen
As bottels afgekoel, bere op donker koel plek vir n maand.... geniet.....
Ek maak nou al 10 jaar, jaarliks die resep, en dit werk vir my.... as die olywe langer as n jaar in bottels is, kan dit n biejie te suur raak agv asyn..... soms gooi ek net dit af en gooi nuwe "bryne" op, maar gewoonlik hou dit nie so lank nie.... lekker geskenke en dit eet so lekker.....ek gooi ook vir n paar rissies in, maar na n tydjie raak dit net te warm om te eet, so eet hulle eerste....
Bron: Hierdie resep kom van Het Vlock Kasteel.....en hulle olywe is baie lekker......