KAASSMEER MET GOUDA KAAS
Magda van Wyk
BESTANDDELE:
1 blik ingedampte melk (Ideal Melk)
stuk gouda kaas van so 250gr
2 Eetl wit uiesoppoeier
METODE:
Verhit melk stadig, rasper kaas en voeg by, laat deurkook tot gladde smeerkaas, bottel terwyl warm.
Dis absoluut lekker verby.
Ek het die Ideal Melk in kastrol gegooi, plaat op lae hitte en dit verhit tot my kaas ingegooi en die hele tyd met borrelklitser (whisk) geklits tot die kaas gesmelt was en dit glad was. Toe gooi ek 2 eetlepels wit uiesop poeier by en meng weer goed deur. Intussen het ek my bottels gewas en in die oond neergesit onderste bo asook die proppe en so uit die oond uit bottels gehaal en warm gebottel. Sit onderste bo neer op deksel vir seê doeleindes. Toe dit koud was het ek gekyk al die bottels se deksels was so ingeduik soos dit vakuum getrek het van binne af. En ja daar kom geen botter in nie.
Ek het die resep twee keer gemaak, dus het ek 2 blikke Ideal Melk gebruik en 500 gram Gouda kaas, by die een het ek die wit uiesop poeier gegooi en by die ander dieselfde hoeveelheid biltong poeier. Ek sal net volgende keer die uiesop sit sodat die uie stukkies kan uitkom, ek hou nie van die uie stukkies daar in nie,dit is wel sag van die hitte van die kaas wat dit gekook het,maar ek sal dit eerder sif.
Foto: Magda van Wyk