KAPPERTJIESAAD / CAPERS
Amanda Struwig
BESTANDDELE:
Kook sade in bietjie soutwater vir paar minute, nie pap nie.
Dreineer
Maak 'n piekel met suiker, asyn, water en sout.
Kook tot suiker gesmelt het.
Voeg sade by en kook net tot als deurwarm is.
Pak die sade in glasflesse en bedek met die piekel.
Seël dadelik.
Saamgestelde resep uit verskeie idees.
KAPPERTJIESAAD
Marikie Faul Kotze
1. Week kappersade in water met 2 e sout in oornag.
2. Spoel sade af.
3. Kook saam vir 10 minute die volgende:
2 kop water
3/4 kop wynasyn
1 eetlepel suiker
4 Meet genoeg sade af om 'n flessie te vul. Dompel in kokende stroop, net om dit warm te kry.
Skep dadelik in flessie.
Druk 2 loerierblare of kruie in by die sade.
Skroef toe en plaas onderstebo tot koud.
( Maak meer stroop aan vir meer sade.)
Ek pluk sommer elke dag 'n bietjie en gebruik orige stroop ook.
Baie lekker in slaai, met eier en vleis
Amanda Struwig
BESTANDDELE:
- 1 kop skoon, vars Kappertjiesade
- ¼ kop suiker
- 1 kop Appel- of druiweasyn
- ½ kop Water
- ½ eetl Sout