KERRIE BLOMKOOL PIEKELSLAAI
SOUS
PIEKELS
Metode:
Bron en foto: http://toriavey.com/toris-kitchen/2013/09/curry-pickled-cauliflower/
SOUS
- 2 kop water
- 1 kop asyn
- ⅓ kop suiker
- 3 ½ eetl sout
PIEKELS
- 1,5 kg blomkool in florette gebreek
- 1 ¾ teel sout
- 6 groen kardamom peule
- 3 lourierblare
- 1 ½ teel kerriepoeier
- ¾ teel rooipeper
- ¾ teel borrie
Metode:
- Voeg water, asyn, suiker en sout in pot en prut oor lae hitte. Roer gereeld tot sout en suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
- Was en breek blomkool in florette
- Sprinkel 1 ¾ teel sout oor blomkool en laat staan vir 30 minute. Spoel dan af. Dit sal die oortollige vog van die binnekant af dreineer en die blomkool toelaat om al die ander lekker souse in te neem.
- Skep die blomkool in verskille flessies en druk af met 'n lepel om seker te maak dit is stewig verpak.
- Die pieleks moet nou by kamertemperatuur wees. Gooi in die flessies bo-oor die blomkool. Los so 2cm spasie bo in elke fles.
Maak die randte mooi skoon. - Skroef deksels op, skud liggies om seker te maak die piekelsous meng met die kool en plaas in yskas. Dit sal gereed wees om te eet in ongeveer 1 week se tyd.
Hierdie behoort so 4 weke in yskas te hou. - As jy langer raklewe wil kry, plaas die deksels op die flessies en prossesseer vir 10 minute in waterbad.
Bron en foto: http://toriavey.com/toris-kitchen/2013/09/curry-pickled-cauliflower/