KERRIE EIERS
9 medium eiers
300 ml gedistilleerde asyn
150ml water
80g suiker
2 eetl matige kerrie
½ teel sout
½ teel borrie
3 skyfies suurlemoenskil
1 eetl mosterdsaadjies
½ teel chillie flokkies
2 lourierblare
Kook eiers vir 6 min lank, dreineer en plaas in yswater.
Kook res van bestanddele tot suiker opgelos is en prut vir 'n rukkie.
Skil eiers af en plaas in gesteriliseerde flesse.
Giet kerrievloeistof oor. Haal lublasies uit en maak seker eiers is heeltemal bedek.
Plaas 'n sirkel waspapier oor om seker te maak die eiers is heeltemal toe onder die vloeistof.
Dit sal na so 3-5 dae gereed wees om te eet.
Hierdie eiers sal maande hou as dit heeltemal onder die vloeistof bly.
Bron: greatbritishshefs.com