KERRIE EIERS
BESTANDDELE
10 eiers
bietjie olie
1 klein ui, in ringetjies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
30 ml (2 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) rooirissievlokkies
375 ml (1½ k) ryswynasyn
250 ml (1 k) water
45 ml (3 e) bruinsuiker
5 ml (1 t) sout
1 lourierblaar
METODE
1 Kook eiers tot hard.
2 Laat eiers heeltemal in koue water afkoel.
3 Haal doppe af.
4 Verhit olie en braai uie, knoel en gemmer tot sag.
5 Roer res van speserye by en braai tot geure loskom.
6 Voeg asyn, water, bruinsuiker en sout by en laat kook. Laat heeltemal afkoel.
7 Pak eiers in groot glashouer en gooi vloeistof oor. Sit lourierblaar in.
8 Maak baie goed toe en bêre vir tot ’n maand in yskas.
WENK Gepekelde eiers is heerlik as ’n ietsie ektra in die kosblik of as ’n peuselhappie
Bron en foto: Vrouekeur