KERRIE SOUSBOONTJIES
Hierdie een is verskriklik lekker!!
Bestanddele:
1 Pakkie (500g) Suikerboontjies (skoongemaak en oornag geweek)
1 eetlepel olie
3 Uie, gekap
1 teelepel knoffel, fyn gekap
1 eetlepel Borrie
3 teelepels Anima’s kerriepasta OF 15 – 20ml matige kerriepoeier
1¼ koppies wit asyn
1¼ koppies wit of ligbruin suiker
5ml Ina Paarman geurselsout
3ml gewone sout
± 2 eetlepels Maizena om mee te verdik
Metode:
Kook die boontjies tot sag in skoon water (sonder sout).
Gooi van die water af tot daar omtrent 'n koppie water oorbly as die boontjies gaar is.
Voeg die olie, knoffel, uie, borrie en kerriepasta of poeier in 'n aparte pot en braai dit baie stadig vir 5 minute. Verwyder van die hitte.
Roer die suiker en asyn by, asook die soute.
Roer tot suiker opgelos het.
Voeg nou die kerriemengsel by die gaar boontjies en bring dit stadig tot kookpunt.
Meng die Maizena met bietjie van die sous in die pot en meng goed deur terwyl dit stadig kook en verdik.
Bottel dit dadelik in warm gesteriliseerde flessies en plaas onderstebo tot afgekoel.
Jy kan vyf flessies vul.
Resep: Louise Groenewald