KERRIEVIS MET RAKLEWE
Bestanddele:
2 kg vis in mootjies gesny en in meel gerol
sout en peper na smaak
Metode:
Geur die vis met die sout en peper, rol in meel en bak in ‘n bietjie kookolie in die pan.
Bestanddele vir die kerrriesous:
4 uie, in ringe gesny
½ k suiker (en meer, na smaak)
3 E kerriepoeier
1 E borrie
3 k asyn
½ k water
6 gekneusde suurlemoenblare
Meng die bestanddele en kook vir 20 minute.
(Maak meer sous indien nodig want dit trek in die vis in en kan dalk nie souserig genoeg wees sodra koud)
Bottel:
Steriliseer Bottels
Pak lae van vis en dan sous om vis heeltemal te bedek.
Laat effens afkoel en verseël
Draai bottels op deksels om heeltemal te seël, tot heeltemal afgekoel.
Reg vir eet in 3 dae se tyd
Bêre op 'n koel, donker plek.
Bron: Kook en Geniet aangepas
Foto: https://www.theprettyblog.com/food/pickled-fish-salad-pickled-baby-vegetables/