Droog vismootjies af met kombuis papier en geur met sout en pepper. Rol in koekmeel. Braai in vlak olie. Matig warm olie tot gaar, sowat 4 min aan elke kant. Hou bietjie asyn eenkant om mielieblom mee aan te maak. Gooi die res van die bestandele. Behalwe die mielieblom in n kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir n kwartier met die deksel op. Maak mielieblom met bietjie asyn aan tot gladde mengsel en roer by kerriesous. Kook n paar min tot dik en gaar. Pak die mootjies in lae. Gooi sous oor elke laag.
INGELEGDE KERRIE VIS Lorraine Griessel Venter
Bestanddele 1,7 kg Geelstert, Hake skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny Olie 6 Suurlemoenblare 6 Groot uie, in ringe gesny 750 ml Bruin asyn 250 ml Water 175 ml Suiker 12,5 ml Borrie 37,5 ml Kerriepoeier 25 ml Meelblom 8 ml Sout 12,5 ml Grofgemaalde peper 250 ml Sultanas (opsioneel)
Metode Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 – 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout en peperkorrels tot gaar maar nog ferm. Meng meel met ‘n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is. Vul ‘n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas.
FLIPPEN LEKKA PICKLED FISH Eddie En Dienie Meyer
2,5 kg filleted fish, preferably firm, white fish Vegetable oil for shallow frying 750 ml white wine vinegar 250 ml water 250 ml sugar 20 ml Flippen Lekka Curry-Mix 10 ml black peppercorns 3 Large onions, finely sliced Bay leaves 30 ml corn flour 125 ml water Method With the skin still on, cut the filleted fish into cubes or slices. Heat the oil on high in a large frying pan and shallow fry the fish until cooked through but still succulent. Drain on kitchen paper and remove the skin. Combine the vinegar, water, sugar, Flippen LEkka Curry-Mix and peppercorns in a large saucepan and bring to the boil. Add the onions and bay leaves, cover and simmer for 12 – 15 minutes. The onion should be soft but still a little crunchy. Mix together the corn flour and water and stir into the boiling sauce. Stir gently until the sauce thickens slightly. Layer the fish and onions in a large glass dish, pour over the sauce, cover, let it cool, and refrigerate. Can be eaten immediately but the flavour is more intense after a couple of days. * Flippen Lekka Spice*
KERRIEVIS
• 1,5 kg visfilette, vel verwyder • 250 ml (140 g) bruismeel • sonneblomolie vir braai • 3 groot eiers, liggies geklits • 750 ml bruin asyn • 225 ml (280 g) suiker • 10 ml fyn borrie • 50 ml matige of mediumsterk kerriepoeier • 15 ml swartpeperkorrels • 3 groot uie, fyngekap • 6 lourierblare • 40 ml koekmeel 1 Sny die vis in blokkies van 5 cm. Druk die stukkies in die bruismeel sodat dit oraloor bedek is. Verhit ’n dun lagie olie in ’n groot pan oor medium tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, kan jy ’n paar stukkies van die meelbedekte visblokkies in die geklitste eier doop. Laat die oortollige eier afdrup en braai dan die vis vir ’n paar minute aan elke kant in die warm olie tot deurgaar en goudbruin. Dreineer dit op kombuispapier. Herhaal met die res van die visblokkies. Hou dit eenkant. 2 Verhit nou die asyn, suiker, borrie, kerriepoeier, peperkorrels en 7 ml sout in ’n groot kastrol. Verhit dit tot kookpunt en gooi dan die uie en lourierblare by. Sit die deksel op en laat dit vir 10 minute prut. 3 Gooi koekmeel in ’n klein bakkie en voeg ’n lepel vol van die warm mengsel uit die kastrol daarby. Roer dit goed tot glad en roer dan die mengsel in die kastrol by. Laat dit kook en roer die mengsel tot dit effens begin verdik. 4 Bedek die bodem van ’n bak (nie van metaal nie) met ’n laag van die sous. Skep ’n laag gebraaide vis daarop en gooi nog sous oor. Herhaal die lae. Bedek dit goed en sit dit vir minstens ’n dag in die yskas voor dit geëet word. Dis die heel beste ná drie dae. Dié piekelvis sal vir tot ses maande in die yskas hou.
Bron: Resepte vir Boere
KERRIEVIS Kobus Enslin
Die resep bly ‘n wenner! 2 lb yellowtail, scaled and filleted, skin left on 5 cloves garlic 2 large onions 1 cup grape vinegar ½ cup water ½ cup golden brown sugar
8 peppercorns 4 cloves 4 allspice berries 2 bay leaves 1 Tbsp masala (curry powder) 2 tsp cumin, ground 2 tsp coriander, ground 1 tsp turmeric coarse salt, as needed oil, as needed for frying