KERSIE LIKEUR
Esther Maritz
Wenke: Rooi kersies is effens suur, gebruik dus liewer die byna swart kersies wat soeter is en 'n mooi donker likeur maak. Dit is raadsaam om na gebottel elke keer die verwagte datum van die volgende proses neer te skryf om jou te herinner wanneeer om oop te maak of van wanneer af die likeur reg sal wees. Bietjie moeilik partykeer om uit die kop te onthou.
500g vars kersies
750ml brandewyn
600g (750ml) suiker
750ml water
Verwyder die stingels van die kersies, halveer en ontpit.
Druk die kersies met 'n aartappeldrukker fyn.
Skep die kersies in 'n wyenek glasbottel/houer met 'n deksel.
Voeg die brandewyn by, maak dig toe en laat trek 3 weke lank op 'n warm plek.
Skud soggens en saans.
Syg die mengsel deur 'n fyn kaasdoek en herhaal, indien nodig. Hou eenkant.
Meng die suiker en water in 'n swaarboomkastrol en roer by 'n baie lae temperatuur tot die suiker opgelos het.
Verhit tot kookpunt en kook 17 minute lank.
Haal die stroop van die stoof af en laat afkoel.
Voeg die gegeurde brandewyn by die koue stroop.
Gooi die likeur in die droe, gesteriliseerde bottle, sit die prop op, verseel en etiketteer.
Bere minstens 1 maand.