KNOFFEL
Deur: Henk Boshoff
Knoffel is n belangrike bestandeel in n wye reeks Charcuterie produkte. Dit word op relatiewe groot skaal in Salami en worse gebruik. Die smaak is duidelik waarneembaar.
In Europa is klein produsente en tuisprodusente geweldig gesteld op topklas produkte. Hulle vervaardig die produkte omdat dit deel is van hul kultuur is. Die grootste sorg denkbaar word geneem om te verseker dat elke enkele bestandeel van topgehalte is.
Hul voedselkultuur is deeglik gevestig. Hulle is ongelooflik passievol oor hul tuisgemaakte produkte. Hierdie passie word van kleins af aangemoedig. N vierjarige Italiaanse seun sal vir jou kan noem wat elke tipe groentesoort is,hoe dit gekweek word en hoe dit in kookkuns aangewend word. Elke klein dorpie glo dat hulle die beste Salami en wors maak. In daardie dorpie is daar n horde mense wat elkeen glo sy produk is beter as sy buurman sin.
Hulle is fanaties kieskeurig oor hul bestandele. Hulle koop nie iets aan indien hulle nie weet wie die produsent is,en hoe sy produk gekweek of geteel word nie. Op n klein dorpie sal almal weet wie die beste tamaties en knoffel kweek,ook wie die beste varkvleis produseer,wyn maak of olyfolie maak. Bestandele waaraan ons nie eers twee keer dink nie,kan vir ure deur hulle bespreek word. Eeue en generasies se ondervinding het veroorsaak dat hulle die belangrikheid van topgehalte bestandele deeglik besef. Baie van hierdie mense,veral op die platteland,kweek hul eie produkte om aan hul selfopgelegte kwaliteitsbeheer te voldoen.
N Italianer,Fransman,Portugees of Spanjaard is geweldig kieskeurig oor sy voedsel se bestandele. Dit geld vir alles.Vleis,speserye,groente,botter,suiwel en grane.
Hulle spog oor hul produkte,met baie goeie rede. Daar word deeglik seker gemaak dat alle bestandele aan hul vereistes voldoon.
Die sorgvuldigheid waarmee hul ,hul produkte vervaardig,veroorsaak dat sommiges,soos Parma Ham Wereldberoemd is.
Ek het jare gelede n Salami gemaak wat,vir my altans,perfek was.Die tekstuur en gehalte was vir my uitstaande. Guiseppi se Ouma het kom kuier. Sy het op n klein plasie in Toscane gewoon en was feitlik selfversorgend. Sy het aan my Salami geproe. Sy was oor die algemeen tevrede maar het gevra wat se tipe knoffel ek gebruik het. Ek het knoffel nie as te belangrik beskou nie,en het die gemaalde tipe wat in klein plastiese bakkies te koop was,gebruik. Sy het ,in detail,aan my verduidelik dat geen selfrespekterende persoon sulke knoffel sal gebruik nie. Knoffel moet jy self kweek,of by iemand wat jy goed ken aankoop. Ek het weer n klein bakkie gemaalde knoffel gekoop en na haar geneem. Sy het daaraan geproe en plegtig verklaar dat dit suiwer gemors is. N ure lange gesprek het gevolg oor knoffel. Sy het my versoek om met knoffelboere in aanraking te kom. Nadat ek n hele paar opgespoor en gekontak het,het sy aangedring dat ons hulle besoek.
Dit was n ervaring om te beleef. Elke boer moes aan ons verduidelik hoe hy te werk gaan,van aanplant tot oes en hoe die knoffel gedroog word. Daar is by elke boer n paar knoffelbolle aangekoop. Die bolle se oorsprong is gemerk en hulle is versigtig in papiersakke geplaas . By drie van die boere is glad geen knoffel aangekoop nie. Haar standpunt was dat hulle slegs knoffel produseer vir finansiele gewin. Hulle was nie passievol oor hul produk nie. Volgens haar moet n persoon voedsel met passie produseer,anders is die produk minderwaardig. Volgens haar het n kweker se gemoedstoestand n invloed op die produk se kwaliteit en smaak.
Ek het haar, na die besoeke,wat twee dae geduur het,by Guiseppi se woning afgelaai. Sy het genoem dat sy die knoffel sal uittoets en dat die proses sowat n week sal neem. N week later het ek haar weer gaan besoek. Slegs 2 van die 11 boere wat ons besoek het se knoffel was volgens haar op standaard. Ons het weer na hulle toe gegaan en n redelike hoeveelheid bolle aangekoop vir plant en gebruiksdoeleindes. Sy het my versoek om weer Salami te maak volgens my resep. Ek moes hierdie keer net die knoffel wat ons aangekoop het gebruik.
Ek het haar instruksies gevolg. Die Salami was na 6 weke gereed. Die resultaat was vir my n openbaring. Die nuwe Salami was baie smaakliker as die oorspronklike een. Ek kon nie glo dat slegs een bestandeel so n groot verskil kon maak nie. Ek kweek nou nog,meer as dertig jaar later,die knoffel wat ons aangekoop het. Dit is al tipe wat ek in Charcuterie gebruik. Met bitter min uitsonderings,volg ek die konsep met alle bestandele wat ek gebruik.
WAARSKUWING OOR SJINESE KNOFFEL
Ek wil nie spoke opjaag nie maar tog lesers waarsku. 80 persent van knoffel wat in Suid – Afrika verkoop word,word vanaf Sjina af ingevoer. Neem die volgende in ag voordat jy koop.
1. Knoffel word in Sjina in menslike afval gekweek.
2. Van die knoffel word bemes met skadelike kunsmis,wat feitlik in alle Westerse lande verbied word.
3. Die knoffel word berook met Metiel Bromied.
4. Die knoffel is gereeld besmet met lood en sulfate.
5. Dit word gebleik met Chloor.
6. Prosesse vernietig alle gesondheidsvoordele. Sjinese knoffel het geen gesondheidsvoordele nie,eerder nadele.
7. Dit word behandel met Chemikalee om uitloop te voorkom.
8. Een knoffeltoontjie tuisgekweekte knoffel het meer smaak as n hele bol Sjinese knoffel.
9. Sjina is een van die mees besoedelde lande,hul knoffel word gereeld met besoedelde water besproei.
10. Dit word ook met Maleic Hydrazide bespuit wat karsogenies van aard is en jou lewer vergiftig.
11. Alle ingevoerde knoffel word bestraal om grond patogene te vernietig. Dit is die hoofrede waarom aangekoopte ingevoerde knoffel glad nie groeikragtig is nie.
Kweek jou eie knoffel,dit is maklik en eenvoudig. Indien jy nie in staat is om dit te doen nie,koop by n plaaslike produsent. Jy gaan die verskil in jou eindproduk proe.
WENK
Mens sukkel soms om die fyn velle vanaf n knoffeltoontjie af te verwyder. Plaas die knoffeltone in n klein pot met noupassende deksel. Skud nou die pot redelik hewig,die skille sal afkom.