KNOFFELSOUS
Dié knoffel-pietersieliesous kan tot twee maande in die yskas bewaar word.
Bestanddele:
50 ml botter of margarien
12,5 ml fyngekapte knoffel
50 ml koekmeelblom
1 hoenderekstrakblokkie
300 ml water
2 ml geursout (Aromat)
2 ml gemaalde peper
100 ml room
25 ml ongegeurde jogurt
5 ml suurlemoensap
25 ml fyngekapte pietersielie
Metode:
Verhit die botter of margarien oor matige hitte. Voeg die knoffel by en roer goed.
Roer die koekmeelblom by. Meng goed.
Los die hoenderekstrakblokkie in die kookwater op en roer dit geleidelik by die warm mengsel in. Hou aan roer totdat die sous glad en romerig is.
Roer die geurmiddels by en laat prut vir 30 sekondes.
Voeg die room, jogurt en suurlemoensap by en roer totdat dit warm is.
Roer die pietersielie by en verwyder van die hitte.
Bewaar in yskas vir tot twee maande.
Bron: Netwerk24.com