KOEMKWATS IN BRANDEWYNSTROOP
1 kg koemkwats, goed afgewas
1 kg suiker
1 bottel brandewyn
Kaneelstokkie (opsioneel)
Skep koemkwats en kaneelstokkie in ‘n groot kastrol en voeg 500 ml water by. Verhit tot
kookpunt, verminder hitte en prut totdat die koemkwats sag is. Verwyder
van hitte en skep koemkwats met ‘n gaatjieslepel uit. Maak ‘n klein
insnyding in die koemkwats en druk die pitte en vloeistof uit.
Voeg die suiker by die vloeistof waarin die koemkwats gekook is en roer oor
lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhoog hitte en kook tot ‘n ligte stroop.
Skep die koemkwats terug en kook oor matige hitte tot die koemkwats ‘n
glanskleur ontwikkel. Verwyder van hitte en voeg brandewyn by.
Meng en skep in flesse.
SARIE, 13 Junie 1990