KOUE BEROOKTE VARKFILETTE
Henk Boshoff
Die word in Winter gemaak as die klimaat koud is.
Ek maak al jare lank koud berookte beesvleis. Maar koud berookte varkfilette is ook besonders lekker.
Varkfilette.Baie belangrik,verwyder alle vet en die silweragtige senings,net skoon vleis moet agterbly.
Bestanddele
Vir elke kg vleis word die volgende gebruik.
PER GEWIG.
Sout 3 persent [30 gram per kg]
Swartpeper 1 persent [10 gram per kg]
Suiker 1 persent [10 gram per kg]
Paprika 0,1 persent [1 gram per kg ]
Rooipeper na smaak
Knoffelpoeier 0.3 persent [opsioneel]
Salpeter 1 gram per kg [noodsaaklik]
Weeg jou skoongemaakte varkfilette en bepaal die droe bestandele se mate daarvolgens.
Meng al die droe bestandele deeglik.
Vryf filette in met droe bestandele en plaas in glas of plastiekbak in yskas.Roer daagliks om,laat vir 4 dae in yskas.Spoel liggies af met skoon water.Pak dit een laag in staal skinkbord,sit ander skinkbord met gewig bo op, bo op.Pers dit dus.Los vir 18 ure in yskas,jy sal sien daar word nog vog uitgepers.Hang nou op koel,vliegvrye plek op vir 3 dae.
Koud berook vir 8 ure met Appel of Eikehoutskaafsels.
Berook volgende dag weer vir 6 ure.
Hang nou soos biltong op om te droog vir 5 dae.Die vleis moet nie te droog word nie,binne moet dit soos sagte nat biltong wees.Bewaar in yskas,Sny in papierdun skyfiesHeerlik op brood,veral tuisgebakte rogbrood met tuisgemaakte heelkorrelmosterd.