KOUE GEROOKTE VIS
Henk Boshoff
Volg aanwysings noukeurig. Vis is 'n hoogs bederfbare produk.
Feitlik enige vars seevis kan berook word.
Salm en snoek maklikste.
Slegs sekere varswatervis kan berook word.
In Suid Afrika is ons beperk tot Swartbaars,Forel,Baber en die koning van almal,Paling.
Baie mense dink verkeerdelik dat Baber proe soos hy lyk.Baber kan modderig smaak.Tant Mart Swart het lewendige Baber,nie swaarder as 5 kg in n sementdam geplaas.Die babers is dan vir n tydperk van 10 dae met semels gevoer,dan geslag en filette verwyder,vel moet ook verwyder word.
Proses
Vir elke kg visfilette gaan jy n mengsel van 120 gram sout,120 gram bruinsuiker en 1 gram salpeter benodig.
Neem n vlekvrye oondpan,plaas n laag van die mengsel onder in,plaas visfilette bo op en bedek met nog n laag mengsel,druk liggies vas.Hou so aan tot klaar.Bedek bak met kleefplastiek en plaas in yskas vir 6 ure.Na 6 ure sal jy waarneem dat pekel gevorm het en dat filette ferm is.Spoel filette liggies af en druk droog,droog nou vir n paar ure totdat vis winddroog is op n koel plek,ek hang myne in yskas.
Koud berook vis met eikehoutskaafsels vir ten minste 8 ure.Bewaar in yskas,sny in papierdun skyfies en geniet.