KRUIE EN SPESERYE
Henk Boshoff
Speserye en kruie word gereeld gebruik in inlêprosesse.
'n Baie belangrike faktor, waaraan min mense aandag gee, is hoe om kruie en speserye op die regte manier te stoor en te bewaar.
As jy dit verkeerd doen verloor hulle baie vinnig kleur, geur en smaak.
VOGTIGHEID
Speserye behoort in goed verseëlbare glasbottels gestoor te word om hul grootste vyand, vog weg te hou.
Moenie speserye regstreeks uit die bottel in die kokende voedsel gooi of oor 'n pruttende of kokende pot hou nie, jy kontamineer jou produk met vog indien jy dit doen.
Gooi jou speserye uit hul houer in 'n lepel of ander houer en voeg dit dan by.
TEMPERATUUR
Temperatuurskommelings moet ten alle kostes vermy word.
Mens sien gereeld dat die speseryrak langs die stoof staan, vermy dit.
Jy stel jou speserye aan temperatuurskommelings en vog bloot indien jy dit doen.
Jou stoorplek moet koel en stabiel wees. .
GROOTTE VAN HOUERS
Hoe kleiner,hoe beter.
Klein houers. 'n Klein houer beperk die hoeveelheid lug en vog wat in aanraking kom met die speserye.
LIG
Lig is nadelig vir speserye.
Lig het n negatiewe effek op die aroma en kleur van speserye.
Ek onthou dat my Ouma haar speserye in bottels wat met bruinpapier toegedraai was gestoor het.
VERHITTING VAN SPESERYE
Verhitting van speserye is baie belangrik om die volle aroma en smaak uit te bring. 'n Eenvoudige voorbeeld, neem 'n eetlepel heel koljander en maal dit, neem nou nog n eetlepel heel koljander, verhit dit in mikrogolf vir n paar sekondes tot goed warm, en maal dit dan. Ruik nou en smaak aan albei mengsels,daar is 'n reuse verskil. Die van julle wat hou van kerriedisse weet dat die speserye gebraai in 'n bietjie olie 'n reuse verskil maak.
HEEL SPESERYE VERSUS GEMAALDE SPESERYE
Hier is werklik n massiewe verskil. Ek koop glad nie gemaalde speserye nie. Ek koop heel speserye, verhit in mikrogolf en maal dan voor gebruik.
Koop vir jou daardie koffiemeule, jy gaan nie spyt wees nie. Heel speserye se raklewe is veel langer as gemaalde speserye. Ek rooster nie speserye in 'n pan nie, dit brand te maklik, ek gebruik die mikrogolf.
Wat kerriepoeier, braaivleisspeserye en ander mengsels aanbetref, ek maak my eie.
RAKLEWE VAN SPESERYE
Ek koop bitter min kruie, ek plant my eie, droog dit self of gebruik dit vars.
Soos voorheen genoem, is die raklewe van heel speserye, wat korrek gestoor word, baie langer as gemaalde speserye.
Hieronder volg raklewe van speserye [wat op korrekte wyse gestoor word]
Gemaalde speserye 3jaar
Heel speserye tot 10 jaar
Kruie 1 tot 3 jaar
Mengsels 2 jaar
SAMEVATTING
Indien jy speserye korrek stoor en bewaar gaan jy verseker die regte smaak,geur en aroma ten volle benut. Die oop speseryrakkies is n euwel. Ek is nou weer besig om vir my n speserykassie te bou met n deur wat nie lig toelaat nie, die kassie word teen n muur monteer weg van stowe en hitte en vog bronne.