KWEEK VAN KNOFFEL
Henk Boshoff
Daar is 3 gewasse waarmee jy feitlik verseker is van sukses as jy dit plant.Dit is Sjalotte,Peperwortel en Knoffel.
Koop knoffeltoontjies by n plaaslike kweker of by Living Seeds.Knoffel wat jy by n kettingwinkel koop gaan nie groei nie,dit is normaalweg van Sjina af en word bestraal.
Die beste planttyd vir knoffel is in Maart April.Knoffel is rypbestand en het koue nodig vir goeie bolvorming.Spit jou bedding goed om,ek gebruik nie kunsmis as bemesting nie maar kompos.Breek die huisies uit die knoffelbol,moet nie die vel verwyder nie.Druk die toontjies,wortelkant na onder,so 1 cm in die grond in.Spasieer hulle 25cm vanaf mekaar.Maak goed nat,die plante sal binne 14 dae hul verskyning maak.
Maak 1 keer per week nat,die grond moenie te droog of te nat wees nie.In November gaan jy sien dat die blare begin vergeel,dit beteken dat oestyd naby is.Druk vurk langs bol in en lig uit.Moenie afspoel of was nie.Ek los die knoffel n paar dae in skaduwee op n droe plek,Ek hang dit dan op in n donker koel kelder.Jy kan dit dan gebruik tot dit weer begin uitloop,gewoonlik n hele seisoen