KWEPERKONFYT MET 'N CHILLI KINKEL
Skil vrugte, sny in wiggies, sny harde middelste gedeelte uit en weeg. Laat lê die stukke in flouerige soutwater vir verkleuring. Bring ’n halwe pot water tot kookpunt en gooi die kweperstukke daarin. Kook tot sag. Dreineer maar hou die water. Stroop: 1 kg suiker (5 k) per 1 kg vrugte met 8 k gedreineerde water. Kook die suiker en water. Roer goed. Voeg die vrugtestukke geleidelik by die stroop. Kook 1 – 2 uur tot helder en deurskynend. Bottel warm. Of 1 kg geskilde vrugte 1 kg suiker 1 k water Kook tot gaar Variasie: Ns: Jy kan ook chilli insit vir ‘n sterker smaak. Resep: Naomi le Roux KWEPERKONFYT Johanna ek net kwepers sak gekook toe fyn gemaak met musher af geweeg die moes 1 kop suiker vir elke koppie moes. Deur gekook en warm gebottel. Hy kook nie so taai soos gewone konfyt nie. En jy moet net goed roer want hy brand maklik aan. O ja gooi bietjie suurlemoensap by. Resep: Charmaine van der Westhuizen KWEPERKONFYT 3 kg kwepers 2,5 kg suiker 15 ml sout 5 liter water Was die kwepers. Skil en ontpit en hou die pitte en skille eenkant. Los die sout in die water op. Snipper die kwepers en laat le in die soutoplossing om verkleuring te voorkom. Bedek die skille en pitte met genoeg water – sodat jy twee liter vloeistof daaruit kan kry – en kook tot lymerig. Syg deur ´n sif. Voeg die snippers by 2 liter van die water en kook tot sag. Voeg die suiker by en roer tot opgelos. Laat look vinnig vir 45 minute; roer gereeld. Wanneer die konfyt pienk van kleur is, toets of dit jellie-agtig of semi-gestol is. Om te toets: Haal die konfyt van die stoofplaat af. Skep 5 ml tot 10 ml in´n piering. Op hierdie manier sal jy gou sien of dit die regte tekstuur het. Sodra die konfyt reg is, kan dit in gesteriliseerde flessies geskep word. Laat afkoel, bedek met ronde stukkies waspapier wat in brandewyn gedoop is, en verseel. Bron: foodloversrecipes Foto: myrecipes KWEPERKONFYT MET GRENADILLA Tessa Oosthuizen Ek vat kg vir kg vir kwepers want dis mos n suurerige vrug. En dan het ek net n koppie grenadilla bygegooi. Dit smaak rerig baie lekker. |
RAAD MET KWEPERKONFYT
Jenny Schneigansz Ekt 50 + jr ondervinding, ek weet presies waar het jy verkeerd gegaan. Was jo kwepers goed af en skil hulle af, hou al di skille en klok huisies, dit kook jy eers in bietjie water tot sag, gooi deur n vergietes en gebruik daai water as jo basis. It works every time. Jy sal sien dit kom daai mooi robyn rooi. Werk vr konfyt, jellie en stukke. |