LEMMETJIE JELLIE
Salome Marais
Ek was altyd so mal oor Roses lemmetjie marmelade, ek weet nie of mens dit selfs nog kry nie.
Dis wat ek gedoen het:
Skil van paar lemmetjies dun afgeskil en in dun repies gesny.
Toe sap uitgedruk.
Omdat lemmetjies so dun skil het, het ek pomelos (die met die dik wit om die vrug) afgeskil, die wit afgesny en kleiner gesny.
Om pektien vir die jellie te kry.
Dit saam met die lemmetjiereste gekook.
Ek het die lemmetjieskille wat ek in repies gesny het, sommer in die mikrogolfoond gekook.
Toe het ek daardie skilwater ook by pomelo gegooi.
Die pomelo met "stick blender" fyngemaak en nog rukkie gekook.
Van die sap getoets vir pektien.
Deurgesyg.
Toe het ek al die lemmetjiesap en gekookte skil, dieselfde hoeveelheid pomelo aftreksel, dieselfde hoeveelheid suiker saamgekook.
Die foto's wys die resultaat, maar proe nie sterk genoeg na lemmetjie nie. Maar heeltemal lekker.