LEMOENRINGE
Susan van der Westhuizen
Sny lemoene in ringe en weeg af.
Bedek dit met sterk louwarm water, nie kokend, in 'n emalje kottel en plaas 'n houtbord bo op om die ringe onder water te hou.
Laat oornag staan en gooi volgende dag die water af.
Hierdie water gaan nie nou meer gebruik word nie want sal die ringe bitter maak.
Bedek nou die lemoenringe met water en kook totdat jy die agterkant van 'n vuurhoudjie deur die skil kan steek en gooi water af maar hou hierdie keer die water om die stroop van te maak.
Vir elke kg lemoenringe gebruik jy 2,5liter water ( waarin die lemoenringe gekook is) as jy tekort aan water het kan jy met gewone water aanvul, en dan 1,25kg wit suiker en 20ml suurlemoensap.
Meng hierdie stroop bestandele saam en meng totdat dit opgelos is.
Sorg dat dit nie kook voordat alle suiker opgelos is nie.
Bring tot kookpunt en voeg dan die suurlemoensap by.
Voeg nou jou lemoenringe by die kokende stroop bitjie vir bietjie sodat die stroop nie ophou kook nie totdat alles bygevoeg is Kook matig vinnig vir kwartier lank.
Daarna laat ek my ringe oornag masereer in die stroop.
Skep lemoenringe versigtig uit met gaatjieslepel en laat stroop die volgende dag weer kookpunt bereik en plaas die lemoenringe weer terug in die stroop en laat kook tot stoop dikkerig is.
Nie te lank nie anders is jou lemoenringe te sag.
As daar skuim is skep dit af n bottel soos volg: Skep lossies in gesteriliseerde bottels en bedek laag met stroop en herhaal proses tot bottel vol is en onthou daar moenie ringe onder die stroop uitsteek nie
Verseël die flesse dadelik.