LEMOENSKIL WIELETJIE
Annemarie van der Walt
500 g lemoenskille
500 g suiker
750 ml water
100 ml suurlemoensap
Metode :
Rasper die lemoene se skil baie dun - dit breek die olieselletjies af - dan is dit minder bitter .
Sny bo en onderente af van die kemoen en skil lemoene dan in 4 snye af .
Bère skyfies in plastiekbakkie in yskas en eet ene as jy verbyloop !
Sny skil in repe en rol op en steek repe deur 'n tandestokkie ( ek sit so 2-3 rolletjies op n stokkie . Bedek met water en kook 1.5 - 2 ure. Dreineer.
Los suiker op in water - kook nou tot koue pieringtoets slaag - net meer as halfuur .
Vrugte nou effens deurskynend. Laat effens afkoel- haal stokkies uit !
Pak in gesteriliseerde bottels .
Gooi warm stoop oor vrugte - maak seker daar is nie lugborrels in .
Laat staan tot koud - sit sirkeltje waspapier bo op gedoop in brandewyn .
Draai toe en bere . Wenk - moenie te veel op n slag kook ! Kastrol se bodem moet net bedek wees
LEMOENSKILROLLETJIES
Martie Fourie Moolman)
(Maak 1x 250ml bottel)
500g lemoenskille, gewas
500g suiker
3 k water
sap van 1 suurlemoen
Rasper die lemoene liggies om die olieselletjies te breek.
Skil dan af deur eers die boonste sirkel en dan die onderste sirkel af te sny.
Sny die lemoenskil in 4 lang repe aan die kante, net-net deur die vel, en skil versigtig af.
Bedek nou die skille met koue water en kook tot sag.
Toets deur ʼn vuurhoutjie in die skille te druk, as dit maklik deurkom, is dit reg.
Dreineer, los om af te koel en sny of knip die lemoenstroke in smaller stroke.
Rol elke strokie op en steek vas met ʼn tandestokkie.
Los nou die suiker in die water op en bring tot kookpunt.
Plaas die opgerolde lemoenstroke in die stroop.
Kook totdat die stroop dik is en die vrugte deurskynend is. (Maak nog stroop en voeg by indien nodig).
Haal van die stoof af en roer die suurlemoensap by.
Bottel soos volg: haal lemoenskil uit stroop en verwyder tandestokkies.
Pak in gesteriliseerde flesse van jou keuse.
Gooi kokende stroop oor gerolde skil tot bottel vol is, draai stewig toe en draai fles onderste-bo.
Bottels kan nou afkoel, afgevee en weggepak word.