MAKETAAN STUKKONFYT
Skil die maketaan.
Sny in skywe
Verwyder die pitte en binneste vlesige gedeelte. (jy kan jam daarvan kook)
Nou prik jy daardie skywe baie deeglik aan alle kante
Weeg dan voor jy die skywe in stukkies sny.
Nie te groot nie maar ook nie te klein nie ...so 4cm.
Sny dit dan in blokkies en plaas dit in kalkwater of koeksodawater oornag.
12,5ml kalk op n liter water. (of 45ml koeksoda op 5liter water)
Laat die kalk baie goed afsak voor jy die water oorgiet.
Volgende oggend kook jy jou stroop:
Vir elke kg maketaan kook jy die stroop as volg:
1 kg suiker en 1liter water.
Maak ekstra want de stroop kook baie weg.
Voeg ook stuk gekneusde droe gemmer by asook sap van n suurlemoen.
Laat so 10 minute kook.
Hou warm.
Spoel die geweekte stukke deeglik af en bring in skoon water tot kookpunt.
Dit moet goed vir 10 minute kook voor jy dit uitlig, dreineer en in warm stroop plaas (wat jy intussen weer kokend warm gemaak het.)
Bring tot kookpunt en laat ten minste 2 ure kook. Skakel plaat af en sit deksel op.
Laat oornag staan en kook dan volgende dag tot glansend en stroop lekker dik is.
Bottel warm.
Resep (oorspronklik en later aangepas) en Foto: Greta Bester

MAKETAANSTUKKE
Anastasia Bester
Slag die maketaan, skil dit af en sny die skil in mote van so ongeveer 5 cm.
Prik die geskilde mote met 'n vurk ORALOOR. En ek bedoel ORALOOR. Ook aan die kante.
Laat staan die skille oornag in 'n oplossing van water in 'n groot plastiek of glas skottel.
MOET NIE N YSTER HOUER GEBRUIK NIE.
Gooi so 5 eetlepels kalk in lae saam met genoeg water om dit te bedek.
Sit 'n groot bord bo-op om die stukke onder die water te hou.
Volgende dag, spoel die kalk baie goed van die stukke af.
Weeg die waatlemoenstukke.
Vir elke 2 kg waatlemoenskil stukke gebruik jy:
3kg suiker,
4 liter water en
2 suurlemoene en
2 stukke gekneusde gemmer (ek het gemmerwortel gebruik).
Kook die waatlemoenskilstukke in water vir 20 minute totdat dit glaserig is. Die water moet reeds kook wanneer jy dit insit. In 'n ander pot berei jy solank die stroop voor: dit is vir 2kg skille 4 liter water en 3 kg suiker. Laat die water en suiker eers op laer hitte oplos tot die suiker niks meer te sien is nie. (Anders word dit sandsuiker). Bring dit dan tot kookpunt, plaas die sap van die 2 suurlemoene in en ook die hele helftes net so van die suurlemoene. Ook die gemmerstukke. Plaas die skille uit die kokende water in die kokende stroop en kook vir ten minste 3 ure in die stroop of totdat dit goudkleurig raak (ek het gevind ek kook dit ongeveer 3 en half uur. Skep dit nou in gesteriliseerde bottels en vul dit tot heel bo met stroop.
Resep:
MAKETAANSTUKKE
Beulagh Lombard
Ek het die stukke geprik oornag laat le in gebluste kalk vir 2dae
Dan spoel jy dit deeglik af in koue water en kook tot die agterkant van n vuurhoutjie kan indruk laat staan on af tekoel kook n stroop van 2,5kg suiker en 3liter water waarby ek gemmerstukke gooi asook n halwe koppie suurlemoen sap sodra suiker opgelos is gooi die stukke versigtig in stroop die stroop moet nie ophou kook nie laat kook tot stroop verminder en laat afkoel in stroop
Die volgende dag haal Ek die stukke uit die oorblywinde stroop en maak nog stroop by laat kook en gooi die stukke weer in stroop soos voorheen herhaal die proses tot die stukke versadig is en jy verseker is dat jou stroop nie sal verminder in flesse nie En dit is maar hoe ek aan moedersknie leer makataanstukke kook het. Met die resep diep in die hart gebere.