MANIERE OM BOTTELS TE STERILISEER
Metode 1
Was die flesse baie goed in warm water. (Skottelgoedwasser werk goed)
Verhit jou oond tot 140 grade en pak die flesse daarin.
Sit af en gebruik die flesse so uit die warm oond.
Versigtig om nie warm fles op ‘n koue oppervlak neer te sit om te bottel nie, gebruik ‘n hout plank.
Bottel tot gelyk vol, want openinge gee geleentheid vir bakteriee om te groei. Draai die deksel styf op en keer om sodat deksels goed vassuig, en laat staan om aftekoel.
Metode 2
Maak die flesse vol met water en sit in mikrogolfoond verhit totdat die water kook
Onthou geen seepwater vir enige fles nie!!Skoon warm water
Mikrogolf vir 2min+- en gebruik uit mikrogolf ..vee die rand van jou bottel ook met n skoon papier handoekie af voor jy dit vasdraai
Kook die deksels apart in 'n pot op die stoof.
Herman Dormehl skryf: (neem gerus hiervan ook kennis)
Ek het eenkeer in die Mikrogolf gesteriliseer.
Eweskielik het die water in die een flessie "ontplof".
Na so bietjie navorsing, het ek gelees van "super heating"
Dit is nou wanneer die water 'n temperatuur van meer as 100 grade C bereik, sonder om fisies te kook (borrel).
Om dit te voorkom, moet mens 'n houtstokkie binne in die fles sit, sodat die borreltjies daaraan kan versamel, en ontsnap na bo.