BASIESE RIGLYN VIR MARMELADE KOOK
Hester Londt Erasmus
Manier van enige marmelade kook.
Verhouding is altyd 1 koppie vrugte twee koppies water en suiker soos per pektien toets.
Jy kook jou vrugte in die water.
Dan neem jy 2 eetlepels pers spiritis en sit versigtig 1 eetlepel van die sap daarin (om pektien te toets).
Draai liggies die bakkie in die rondte en gooi uit op n piering.
Vir pektiengehalte moet dit 'n klont/bolletjie vorm:
As die sous een groot klont maak, sit jy 1 koppie suiker vir elke koppie water by.
As dit paar klonte maak, sit jy 3/4 koppie suiker by vir elke koppie water.
As dit geen klonte maak, sit jy gerasperde appel by.
Sit altyd suurlemoensap ook in
Dan verhit jy dit stadig tot suiker opgelos is en dan kook jy vinnig tot piering toets wys dit stol.
HOEKOM IS MARMELADE SOMS BITTER"??
Gertryda Kotze
Die rede hoekom die marmalade bitter is is omdat die skil nie gerasper is nie.
Daarom word lemoene suurlemoene pomelos uitgevars voor gekook word
Die water waarin die vrug oor nag gelê het moet weggedoen word en jy kook die moes in skoon water.
As jy dit in die water kook waarin hy gelê het is dit bitter veral suurlemoen en pomelos