"MONKEY BUTTER"
Metode
Bron: onelittleproject
- Bestanddele
- 4 mooi ryp piesangs
- 1 blikkie fyn pynappel met die sous
- 2 koppies wit suiker
- 3 eetl fyn klapper
- 3 eetl suurlemoensap
Metode
- Druk die piesang fyn.
- Voeg al die bestanddele saam in 'n dieperige pan
- Verhit tot kookpunt en laat kook.
- Verminder hitte na laag en prut tot piesang "opgelos" het en mengsel effens dikker is. (so 15-20 minute). Roer gereeld.
- Bedien warm oor roomys, pannekoek en wafels of op roosterbrood
- Bere in yskas 4-6 weke lank
Bron: onelittleproject