MOSTERT-WATERBLOMMETJIES
3 kg waterblommetjies
1.375 liter wit asyn
800 g wit suiker
120 g mielieblom
50 ml mosterdpoeier
10 ml borrie
10 ml sout
Metode:
Kook die waterblommetjies gewoonweg net tot sag en dreineer dit.
Verhit 1 liter van die asyn en die suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot al die suiker opgelos is.
Vermeng die mielieblom, mosterd, borrie, sout en oorblywende asyn tot ‘n pasta en roer dit by die asynstroop.
Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit deurentyd.
Voeg die waterblommetjies by die mosterdsous en laat dit goed deurkook, roer dit deurentyd, maar moenie die waterblommetjies stukkend roer nie.
Bottel die mengsel warm en verseël dadelik.
Bron: Lekker vir later