MURGPAMPOEN SUURTJIES
Louna Conradie
5 Groot murgpampoentjies,
3 groot geelwortels,
1 groot ui,
375 ml bruin asyn,
200 g wit suiker,
10 ml swart peperkorrels,
5 ml sout,
5 ml mosterdpoeier,
1 ml borrie.
Metode:
Sny die murgpampoentjies in juliennerepies op. Skil die wortels en sny dit ook in juliennerepies op.
Skil die ui en sny dit in wiggies (kleinerig). Verhit die res van die bestanddele tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die groente by en prut dit totdat die groente net-net sag is.
Skep die groente met 'n gleuflepel in warm, droë, gesteriliseerde inmaakflessies en vul dit tot oorlopens toe met die kokende asynstroop. Verwyder alle lugblasies. Verseël die flesse en laat dit afkoel. Pak dit weg op 'n koel, droë en donker plek. Begin die suurtjies na 3 weke gebruik.
Uit: Lekker vir Later van Annette Human